A place where stories unfold

Kwela: Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks

Oor hierdie boek:

Een voet innie kabr is ’n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Jy hoor die klanke van dié gemeenskap, musky en soet soes ryke yt die Jannat. Gaireyah Fredericks se debuutbundel kry dit reg om gemarginaliseerde karakters en vertellers op die voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample lappe, maatband en pen. Die pyn van ’n vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Marielda. En dan is daar is oek Ghoemeira wat tradisionele waardes met moderniteit moet versoen.

Gaireyah Fredericks se bundel verryk die Afrikaanse letterkunde se skatkis.

________________________________________

ISBN: 9780795711008
Uitgewer: Kwela
Datum vrygestel: Januarie 2024
Prys (BTW ingesluit): R280,00
Formaat: Sagteband, 208 pp

+ posts

Gaireyah Fredericks (PEN Afrikaans) behaal ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns (Rhodes Universiteit), nadat sy gegradueer het in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is ’n selfgepubliseerde skrywer en werk tans aan haar eerste bundel kortverhale wat die Afrikaanse Moslemkultuur verken en by Kwela Boeke sal verskyn.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *