A place where stories unfold

Swellendam Biblioteek kuier met die skrywer Audrey Jantjies

Swellendam Municipality – SWEMun is celebrating World Book and Copyright Day.

‘Kuier met die Skrywer’ – Lorraine Lank gesels met plaaslike skrywer van ‘As die katjiepiering blom’ Audrey Jantjies

Leer ken vir Lea, Jakob, Dienkie en die res van die karakters van Galberg.

*’As die katjiepiering blom’ is available on:

Libby App (learn more about the app: https://www.overdrive.com/apps/libby )

Some of the local libraries

*You have to be a library member.

Videograaf: NJ Pietersen


As die katjiepiering blom

Audrey Jantjies

ISBN: 9780795710285

Epub ISBN: 9780795710292

Uitgewer: Kwela

Datum Vrygestel: Februarie 2022

Prys (incl. VAT): R 265,00

Formaat: Sagteband, 240pp

Oor hierdie boek:

As die Katjiepiering blom is ’n bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.

+ posts

Audrey Veronica Jantjies van Suurbraak, net duskant Swellendam, het na skool joernalistiek aan die destydse Skiereiland Technikon studeer, maar kon weens finansiële beperkinge ongelukkig nie haar kursus voltooi nie. Dit was nog altyd haar passie om mense se stories op te skryf. Sy het onlangs ʼn skryfkursus van Ingrid Winterbach bygewoon en dit het haar siening oor die “Afrikaans-wat-ek-ken” en haar manier van dink oor die “Afrikaans-waarmee-ek-kan-skryf” verander. Belangriker is die dringendheid waarmee sy opnuut besef het dat die stories van haar mense – die mense van Suurbraak se wêreld – vertel moet word, want hierdie mense het baie om te sê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *