A place where stories unfold

Die samekoms van baie mooi siele … Mombakkie die musiek video

Die song was geínspireer deur my kortverhaal – Mombakkie, which was selected for US Woordfeesbundel 2020. (https://paulethousestories.jgf.org.za/mombakkie/)

Milla Bell het dit gelees en toe besluit sy maak ń song daaruit – dis nie die volle verhaal, maar beslis my woorde.

Milla Bell en Audrey Jantjies

Die crux van die verhaal is nie net LGBT violence en hatred nie, maar vir almal wat met seer rondloop en ń masker van pretence dra – die suicidal mens, die depressielyer, die kind wat seksueel geteister was en is, mense met self vertroue issues wat voel hulle is nie goed genoeg.

Hoewel die hoofkarakter doodgemaak word aan die einde en dit ń wrede werklikheid is, probeer ons sê dis tyd om jou Mombakkie (!goasa in koekoegowab) af te haal, want jy is nie alleen – ons weet van jou, dis ons almal se komvandaan.

Dit het nou ook ń familie projek geword en aanleiding gegee tot die samekoms van baie mooi siele.

Toe my kleinsus Daneél( ń aspirant sanger) die song hoor, het net Milla gefeature. Daneél sê toe nee daar’s iets missing – kry iemand om die bridge te doen.

Ek laat weet vir Milla en sy kry toe vir Dayel Pekeur van Ashton om te bridge en vandaar die !goasa beat – met dank aan Collin Meyer vir die khoekhoegowab vertaling. Collin is in die Kaap gebaseer en een van sy nuutste projekte was die Khoisan Gypsey Band by die US Woordfees 2022, asook toonsetting van digters met Dean Balie by Musiekindaba.

Kai gangans Collin! (inligting soos ontvang.)

Shanito is Real Nito, ń briljante Afrikaanse rymkletser en net só is Dayen kom toe ook by ét voila! (Dayen en Dayel is ń tweeling🤣)

Die beatmaker, Alex Baartman is van Patensie in die Oos – Kaap – briljante werk.

Jason Antonie van Montague is die kamera man en samesteller van die video – erkenning hiermee aan Montague Toerisme kantoor wat hierdie aspek geborg het. 

Erkenning hiermee ook aan Riaan Baartman, ń khoekhoegowab kryger / soldaat – letterlik ( Corporate Communications Functionary by Fort iKapa Militêre basis – SA Weermag) en figuurlik – hy kom altyd deur met die korrekte vertalings vir my toesprake en wanneer ek hom nodig het.

Riaan, kham – ao(soldaat) sida ge hoapa hâ(ons is oral).

Dankie Ricardo, ons driver. 

Abigail, Jessica, Layla, Ayanda, Zane en natuurlik Jevan Conradie (Celesté), die Roxy Bar in Montague, boeta Dalla en Graham – die wyse man. Arnold Pekeur, dankie dat ons jou huis kon gebruik vir die eerste deel se shoot. 

Almal wat hiertoe bygedra het en wie ek dalk onbewustelok uitgelaat het – kai gangans!

Die video is nie perfek, niks wat méns doen is nie, die absolute toewyding van Milla is wel – dié wat daarvoor soek sal dus ń hele paar foute optel. 

Almal hierdie jong mense kom uit die werkersklas. Hulle almal werk vir ń lewe – apart van wat eintlik hul passie is, sorg hulle vir hul kinders en gesinne. Daarom is dit vir my ń riem onder die hart om saam met hul te kon werk aan hierdie projek. Die kombinasie van dorpe, Ashton, Robertson, Montague, Swellendam – klein kindertjies wat sing; Mombakkie🎼.

Wat ń enorme eer en voorreg vir die skrywer in my dat my woorde tot inspirasie was vir hierdie projek. 

Ons wil egter hê dat mense net die song, die verhaal van Celesté moet waardeer en ons hoop dat dit soveel van ń verskil, al is dit dan net een persoon se lewe sal maak – soveel so dat die persoon die vryheid sal hê om te kan sê; Ek haal nou my !goasa af en leef vryelik.

!Gâise !gū re (julle moet mooi loop)

Tsui||gaob (God seën)

(Ons release more)

Lovies

+ posts

Audrey Veronica Jantjies van Suurbraak, net duskant Swellendam, het na skool joernalistiek aan die destydse Skiereiland Technikon studeer, maar kon weens finansiële beperkinge ongelukkig nie haar kursus voltooi nie. Dit was nog altyd haar passie om mense se stories op te skryf. Sy het onlangs ʼn skryfkursus van Ingrid Winterbach bygewoon en dit het haar siening oor die “Afrikaans-wat-ek-ken” en haar manier van dink oor die “Afrikaans-waarmee-ek-kan-skryf” verander. Belangriker is die dringendheid waarmee sy opnuut besef het dat die stories van haar mense – die mense van Suurbraak se wêreld – vertel moet word, want hierdie mense het baie om te sê.

Brumelda Bell van Montagu het in 2015 besef dat sy ’n gawe het vir rymklets. Sy het in 2019 aand die Suidoosterfees se Talentsoektog deelgeneem en deurgedring na die semi-finale rondte. Sy hoop om met hierdie ontwikkelingsprojek ’n verdere deurbraak te maak in die musiekwêreld.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *