A place where stories unfold

Finaliste: ATKV Woordveertjies 2023

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.

Die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies sal vanaf 19 tot 22 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Die finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die onderskeie kategorieë is:

ATKV-Prosaprys

  • Op pad na Moormansgat – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Die kapokdokter – François Loots (Penguin Random House SA)
  • Eugene – Kirby van der Merwe (Human & Rousseau)

Prys vir Liefdesroman

  • Heimwee – Sophia Kapp (Boekdiva Uitgewers)
  • Murasie – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
  • Droomboom – Marie Spruyt (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Sanctum – Joan Hambidge (Protea Boekhuis)
  • Plunder – Antjie Krog (Human & Rousseau)
  • Narreskip – Johan Myburg (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

  • Dis effens gekompliseerd – Dina Botha (Romanza)
  • Soene onder die kersboom – Madelie Human (Romanza)
  • ’n Ultimatum vir liefde – Corné van Rooyen (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Buit – Dibi Breytenbach (Kwela)
  • Vlam – Sidney Gilroy (Human & Rousseau)
  • Die verkeerde vrou – Irma Venter (Tafelberg)

Prys vir Dramateks

  • Die halwe huis – Ricardo Arendse
  • Offer van die see – Adriaan Havenga
  • Antwoorde – Zack Mtombeni

Prys vir Niefiksie

  • Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog – Vicky Heunis (Protea Boekhuis)
  • Retoervloot – Dan Sleigh (Tafelberg)
  • Die Kaapse slawe, 1652-1838 – Eunice Visser (Protea Boekhuis)

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinders self vir hul gunstelingboeke en -illustrasies stem, word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Die wenners in dié drie kategorieë sal ook tussen 19 en 22 September op Facebook bekendgemaak word.

+ posts

Kirby van der Merwe is 'n skrywer en joernalis. Sy jongste roman, Eugene, het pas verskyn.

+ posts

Zack Mtombeni het aan die Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) gestudeer, waar hy as student ’n rol in Binnelanders losgeslaan het. Hy het ook verskyn die rolprente Vaselientjie, Jou Romeo en Ring of Lies. In 2017 het Zack The Third Law Productions saam met Kaz McFadden en Lara Lourens in die lewe geroep, en in 2022 het dié maatskappy ses films vir kykNET vervaardig. Zack het ’n hoofrol in Nagval op Donkerdraai gespeel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *