A place where stories unfold

Nuwe vrystelling: Seeperde deur Naomi Meyer

“As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy’s net ‘n perd. ‘n Bruin perd met ‘n wit vlek tussen die oe. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om na skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdryskool langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie.

Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het ‘n geheim … ‘n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig ‘n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira ‘n plan, ‘n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.”

Seeperde deur Naomi Meyer

Illustrasies deur Cristy Zinn

ISBN: 9781776252978

Pan Macmillan SA Kids.

Prys: R 160.00

Naomi Meyer
+ posts

Naomi Meyer, deesdae senior inhoudsbestuurder van LitNet, is ’n niepraktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein voltooi sy haar meestersgraad cum laude aan die Universiteit van Kaapstad in die Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy was in 2000 en 2001 voltyds betrokke by LitNet. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk vir ’n prokureur gedoen het en viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman Ruik jy die filmster het in September 2006 by Tafelberg verskyn en haar roman Webin 2017 by Queillerie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *