A place where stories unfold

Ou dae by Paulet 2020: Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

“Skryf is vi my ‘n natuurlike proses Dis swaa, maa dit vloei. Like ʼn sense van God, en my voo’ouers wat die storie guide. Soe met allie stories wat ek daagliks optel, en die mense wat ek onmoet, en die dinge wat vi my nie sense maakie, is daa soes die accumulation van die stories wat dan deu my geguide wôd. Dit voel rêrig spiritual vi my.

Dis in die boek The artist’s way wat Julia Cameron praat oo hoe as artist mens die waterput vol maak, en dan van daa af create. Op ʼn manier lat ek die storie deu my vloei, en dit kan moeilik raak, wan soms wil die “ego” of ʼn mens se kop oovat. En hopefully speel my ego nie te ‘n groot rol in Innie Shadows nie. Ek dink ʼn mens se kop is belangrik vi wanne dit kom by die editing proses. En an die anne kant kan ek klein stukkies van myself sien in different karakters. My liefde vi computers wat Gershwin geërf het, om nie te veel te veklap nie, maa ek dink dis nie moonlik om ʼn mens se self uit die skryf uit te haalie.” Coetzee

https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2019/11/Innie_Shadows-cover-320×476-2.jpg

+ posts

Naomi Meyer, deesdae senior inhoudsbestuurder van LitNet, is ’n niepraktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein voltooi sy haar meestersgraad cum laude aan die Universiteit van Kaapstad in die Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy was in 2000 en 2001 voltyds betrokke by LitNet. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk vir ’n prokureur gedoen het en viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman Ruik jy die filmster het in September 2006 by Tafelberg verskyn en haar roman Web in 2017 by Queillerie.

Olivia M Coetzee is in Mariental in Namibië gebore, maar het in Electric City in Elsiesrivier grootgeword. Sy voltooi haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns in 2017 aan die Universiteit van Kaapstad. In 2019 debuteer sy met Innie Shadows, ’n misdaadroman in Kaaps. Sy is ʼn gereelde skrywer vir LitNet en werk tans aan die vertaling van die Bybel in Kaaps.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *