A place where stories unfold

LitNet: Frazer Barry en die Festival voor het Afrikaans 2023

Frazer, ek is baie bly om te hoor dat die Festival voor het Afrikaans weer vanjaar sal plaasvind. Kan ons ’n oomblik terugkyk: Is ek reg dat die fees laas in 2018 aangebied is? En toe is daar ’n vyf jaar lange stilte? Hoekom is dit belangrik om hierdie fees in Nederland aan te bied? Dalk kan jy iets oor die geskiedenis van die fees of die mees onlangse keer toe die fees aangebied is, vertel.

Ja dit is korrek. Dit was laas in 2018 aangebied. Dit is twee jaar voor en twee jaar na Covid indien ek my nie misgis nie.

Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor. Die fees was nog altyd daarop ingestel om op ’n internasionale skaal, die inklusiwiteit en die variëteite van Afrikaans “uit te stal”. Omdat Afrikaans en Nederlands soveel gemeen het, maar tog in soveel opsigte verskil, sorg dit vir ’n aangename feeservaring. Maar ook op persoonlike vlak voel dit dat jou werk as kunstenaar ontvang word sonder enige filter wat jou gaan verhoed om jou kultuur in vreemde lande uit te leef. Om wat die Afrikaanse kunste bied, toeganklik te maak vir Nederlanders en ekspats met die doel om langtermyn- kreatiewe verhoudings te bou. Dit was die motivering uit die staanspoor en ons gaan dus voort in daardie gees. Sedert 2011, toe die fees begin is, het die deure vir baie Afrikaanse kunstenaars oopgegaan met talle wat jaarliks na Nederland reis om daar te gaan optree.

Wat word vir vanjaar se fees beplan? Waar vind dit plaas? Enige idee of vroeë aanduidings van wie op die program sal wees?

Dit vind in Den Haag plaas. Die program bestaan uit musiek, letterkunde, gesproke woord, film en debat. Ek, Dean Balie en Deniel Barry is daar met ’n teaterproduksie wat spesiaal geskep is vir die fees (Verdwaalde voetspoor). Marlo Minnaar in samewerking met die fees speel in die Boesak-produksie. Amanda Strydom, Die Klimaatdigters, Amelda Kamfer en Babs Gons, Antjie Krog en Adriaan van Dis, Brother Till / Lee-Ursus Alexander en Tribal Echo Orkes se Frazer en Deniel Barry, met Ons Perspektief: Woordkuns/Rymklets-produksie tussen Nederland en Afrikaanse kunstenaars, en dan is daar werkswinkels wat deur sommige kunstenaars aangebied word net voor die fees begin.

Lees verder hier:

+ posts

Naomi Meyer, deesdae senior inhoudsbestuurder van LitNet, is ’n niepraktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein voltooi sy haar meestersgraad cum laude aan die Universiteit van Kaapstad in die Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy was in 2000 en 2001 voltyds betrokke by LitNet. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk vir ’n prokureur gedoen het en viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman Ruik jy die filmster het in September 2006 by Tafelberg verskyn en haar roman Web in 2017 by Queillerie.

+ posts

Frazer Barry betower al vir meer as twintig jaar nasionale en internasionale verhoë – insluitend dié van Nederland en België – met sy Afrika-klanke. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo wat reeds twee albums, Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son, die lig laat sien het. Hy is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies – onder meer vir Lepeltjie vol snare en Die Riel van Hip Hop. Frazer doen klankontwerp en het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree. Frazer is verder ook ’n rymkletsvervaardiger en is betrokke by die ontwikkeling van jong kunstenaars.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *