Woord van Musikale regisseur: Frazer Barry “Die afgelope paar jaar het ek die voorreg gehad om met van ons land se talentvolste liedjieskrywers te werk. Ek het opnuut besef hoe belangrik dit is om as kunstenaars, mekaar op te bou om saam te groei. Hierdie wonderlike projek is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en Suidoosterfees. Die kwaai ding is, dat die kunstenaars hul ding tydens die Suidoosterfees gaan doen in twee musiek produksies. Die twee produksies word deur Tribal Echo (Frazer (Kitaar) en Deniel Barry (Tromme) en Earl Zane Witbooi (Baskitaar) en Charlton R Davids (Keys) ondersteun. Awêh, kry jou tikkets by Computicket en stiek yt!
With Carlo Fortune, Kele M, Noxolo Kheswa, Sphamandla Dlakwe and Kerischnie Pheiffer Musical Director: Frazer Barry Musicians: Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi and Charlton Davids Language: Afr, Eng Venue: Tent-aktief Date and time: 30 April 18:00 Duration: 60 min Price: R100
This musical production follows the journey of five aspiring artists who have a burning passion for their country, its people and their stories from diverse cultures. They explore South Africans’ rich potential and tap into Afropop, soul, R&B, African traditional music, Afrikaans folk, hip-hop and slam poetry. Diamonds in the Dust will lift your spirit with a sense of pride for our beautiful country and our amazing people.
Ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting
Met Carlo Fortune, Kele M, Noxolo Kheswa, Sphamandla Dlakwe en Kerischnie Pheiffer Musikale regisseur: Frazer Barry Orkes: Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi en Charlton Davids Taal: Afr, Eng Venue: Tent-aktief Datum en tyd: 30 April 18:00 Tydsduur: 60 min Prys: R100
Hierdie musiekproduksie verbeeld die reis van vyf aspirant-kunstenaars wat passievol is oor Suid-Afrika se ryk geskiedenis met unieke stories en karakters uit uiteenlopende kulture. Hulle put uit die potensiaal van ons land en ons mense met Afropop, soul, R&B, tradisionele Afrikamusiek, Afrikaanse folk, hip-hop en slam poetry. Diamonds in the Dust gaan jou inspireer en jou siel hoog laat sweef met trots vir al ons mense
See more of the songwriters’ journey to Suidoosterfees here:
Keleabetswe Langa is an upcoming gospel musician from Vosloorus, Johannesburg. She started singing at age seven, showing off her talent in church, at school and at university. On her YouTube channel, Kele M, she covers songs by international gospel artists. She is working on her contemporary gospel debut album and is passionate about inspiring women and the youth. Kele holds a bachelor’s degree in social sciences from the University of Cape Town, as well as a postgraduate diploma in Management Studies. She also runs her own production company, and her dream is to inspire faith, hope and love in the hearts of listeners.
Carlo Fortune is ’n Kapenaar in murg en been. In 2003 het hy matriek gemaak deur aandskoolklasse by te woon terwyl hy by die Epic Foods-fabriek in Maitland gewerk het. As tiener het Carlo klavierlesse geneem en in ’n koor gesing, maar die musiekskryfgogga het behoorlik gebyt toe sy suster vir hom ’n kitaar op sy 26ste verjaarsdag present gegee het. Hy het al met verskeie kunstenaars saamgewerk, onder andere die digter Diana Ferrus. Carlo is die hoofsanger van The West Coast Wailers, en hy werk in die onderhoud-afdeling van Good Hope-hoërskool in Kaapstad.
Noxolo Kheswa is an Afro-pop soul vocalist, actress, presenter and entrepreneur. She was born in KwaZulu-Natal and now lives in Gauteng. The loss of her parents at a young age had a profound impact on Noxolo’s life, and music has become a source of solace and inspiration ever since. Growing up, she discovered her own motivational voice while listening to various artists. Noxolo studied at Tshwane University of Technology, and she has performed in various bands and stage productions.
Spha Dlakwe is a 31-year-old musician from Alexandria, currently based in Gqeberha in the Eastern Cape. He is a Music and Drama graduate from Rhodes University in Makhanda. He writes and sings mostly in isiXhosa, mainly about love and life, because his philosophy is that there is no life without love. Sph recently released his debut EP titled Inqwelo and is ready, more than ever, to heal and make people happy through his music.
Kerischnie Pheiffer is op Ceres gebore, en musiek het sommer van die begin af sterk deur haar are gevloei. Van jongs af koester sy die droom om eendag ’n professionele rap-kunstenaar te word. Kerischnie is die jongste van vier kinders en haar gesin is haar grootste ondersteuners. Sy versamel tatoeëermerke en is mal oor lees, dans, teken en klere-ontwerp. Dinge het vir haar in plek begin val toe Breimasjien haar talent raakgesien het. Kerischnie is betrokke by die onafhanklike produksiegroep Barbarr Records and Media.
Frazer Barry betower al vir meer as twintig jaar nasionale en internasionale verhoë – insluitend dié van Nederland en België – met sy Afrika-klanke. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo wat reeds twee albums, Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son, die lig laat sien het. Hy is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies – onder meer vir Lepeltjie vol snare en Die Riel van Hip Hop. Frazer doen klankontwerp en het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree. Frazer is verder ook ’n rymkletsvervaardiger en is betrokke by die ontwikkeling van jong kunstenaars.
Wat ‘n voorreg om in ‘n spasie te skep, dink, trap waar hy bestaan het. As ‘n bruin vrou, wie net so oud soos die demokrasie van Suid-Afrika is, ‘n demokrasie wat hy help inlei het, besef ek die gewig van hierdie geleentheid.
So now I am getting ready for a new time, where nothing will be the same as before. A time in which I hope the music will make you and me feel something really good and will keep us hopeful that together we can continue to bring about positive change through our shared talents.