FOTOGALERY: Om droom se pad aan te pak – Liedjieskryf 2022

  · 

Wanneer die liedjies gebore word, versorg word, geprosesseer word om uiteindelik aangebied te word as kunswerke. Die voorreg om die proses te fasiliteer by die Paulethuis vir die afgelope 3 jaar. Jong liedjieskrywers se lewens vir altyd verander. Vaardighede geslyp om droom se pad aan te pak.

So trots op die Jakes Gerwel se derde groep liriek skrywers wat verskriklik hard gewerk het om nie net liedjies te skryf nie, maar ook terselfde tyd moet werk aan ‘n produksie vir Suidoosterfees 2023. Wat n wonderlike groep begaafdes!

Die voorreg is absoluut super. Zolani het my kom join in die tweede week en haar waarde wat sy bygedra het tot die groep se moraal was lieflik om te aanskou en ervaar. Ons pak ons laaste dag hier aan met meer as 25 liedjies wat gebore is en still counting… Plus die produksie se liedjies reeds uitgekies, plus die idees rondgooi vir die produksie se proses. Ons harte is vol en ons is dankbaar.

“Getting ready for a new time.” Carlo Fortune
“Kos is op die tafel maar eers moet julle nog ‘n liedjie sing.” Paulet House se Chef Gilbert Van Zyl
“Wat n wonderlike groep begaafdes!” – Frazer Barry.
“A sweet memory in my music career.” – Keleabetswe Langa – Kele M.
“To be part of something bigger.” – Kerischnie Pheiffer.
“Take things to the next level.” – Noxolo Kheswa
“No life without love.” – Sphamandla (Spha) Dlakwe
Robyn September van Suidoosterfees.
Frazer Barry en Zolani Mahola … Sing, sing, sing !
Nailing daai tjoon!
Kerischnie en Carlo – Mooi so!
And one more for the road; Keleabetswe / Kele M, Noxolo and Carlo
Tot weer siens!
Die keer was die ooste die beste.
Volgende stop – Suidoosterfees 2023 vir Jakes Gerwel Stigting Liriekeskrywers 2022.en hulle konsert.
+ posts

Frazer Barry betower al vir meer as twintig jaar nasionale en internasionale verhoë – insluitend dié van Nederland en België – met sy Afrika-klanke. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo wat reeds twee albums, Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son, die lig laat sien het. Hy is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies – onder meer vir Lepeltjie vol snare en Die Riel van Hip Hop. Frazer doen klankontwerp en het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree. Frazer is verder ook ’n rymkletsvervaardiger en is betrokke by die ontwikkeling van jong kunstenaars.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *