A place where stories unfold

Moet-sien Musikale Produksie: Asem by Tent-Aktief, Artscape 27 April 2023/15h00

Woord van Musikale regisseur Frazer Barry: “Die afgelope paar jaar het ek die voorreg gehad om met van ons land se talentvolste liedjieskrywers te werk. Ek het opnuut besef hoe belangrik dit is om as kunstenaars, mekaar op te bou om saam te groei. Hierdie wonderlike projek is moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting en Suidoosterfees. Die kwaai ding is, dat die kunstenaars hul ding tydens die Suidoosterfees gaan doen in twee musiek produksies. Die twee produksies word deur Tribal Echo (Frazer (Kitaar) en Deniel Barry (Tromme) en Earl Zane Witbooi (Baskitaar) en Charlton R Davids (Keys) ondersteun. Awêh, kry jou tikkets by Computicket en stiek yt!

https://tickets.computicket.com/…/6937402/7209273/128202

#Suidoosterfees


Asem

Ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting

Met Monique Basson (Suidooster), Waldon Paul Ewerts, Duwayne Lombard, Jemaine Julies, Mpumelelo Kamkam en Bryson Appels
Musikale regisseur: Frazer Barry
Orkes: Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi en Charlton Davids
Taal: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 27 April 15:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

https://tickets.computicket.com/event/asem/6937402/7209273/128202

Jongmense wil hulself graag uitleef, maar sukkel om hul voete te vind omdat hulle nie aan die samelewing se vereistes voldoen nie. Hul begeerte om sukses te bereik word gekniehalter deur vooroordele en druk. Asem spreek dié uitdagings aan deur musiekstyle soos riel, jazz, Karoo-klanke, Afropop, rock en folk, heerlik saamgeroer met woordkuns wat poësie en rymklets insluit.

Asem

Supported by the Jakes Gerwel Foundation

With Monique Basson (Suidooster), Waldon Paul Ewerts, Duwayne Lombard, Jemaine Julies, Mpumelelo Kamkam and Bryson Appels
Musical director: Frazer Barry
Band: Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi and Charlton Davids
Language: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Date and time: 27 April 15:00
Duration: 60 min
Price: R100

Young people need to express themselves, but struggle to find their feet because they don’t meet the standards set by society. Their desire to be successful is hampered by prejudice and pressure. Asem addresses these challenges with different musical styles like riel, jazz, Karoo sounds, Afropop, rock and folk, mixed together with word art that includes poetry and rap.


Monique Basson het in die Swartland grootgeword en die musiekgogga het van kleintyd af gebyt. Met ’n oupa wat elke dag van sy lewe musiek gemaak het, was dit vanselfsprekend dat sy van jongs af ’n passie daarvoor sou koester. Sy het 14 jaar se sangopleiding agter die blad en het ’n BA in Drama en Teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Haar droom is om mense se lewens deur musiek en teater te verander.

Waldon, van Prins Albert in die Klein-Karoo, is ’n liedjieskrywer en vervaardiger. Hy speel kitaar en die ukulele. Op ’n jong ouderdom het hy sy hart op musiek verloor en het reeds in graad 8 sy eerste rymkletsliriek geskryf. Waldon tree gereeld by funksies op en is verslaaf aan die wonderlike reis wat musiek hom bied.

Duwayne Lombard kom van die Koo-vallei naby Montagu. Hy is ’n onderwyser by G.B. Batt Primêr in Ceres. Duwayne blink uit in verskeie kompetisies en beywer hom vir die bevordering van die rieldans. By die 2019 ATKV-rieldanskompetisie is sy liedjie, “Ons werk en speel”, gesing deur Pieter van der Westhuizen, as beste rielliedjie aangewys.

Jemaine Julies is in Worcester gebore en woon nou in Stanford. Vir hom is musiek sinoniem met liefde, en hy is versot op Afrikaanse R&B. Jemaine spandeer die grootste deel van sy dag aan musiek maak. Hy skryf eg Suid-Afrikaanse lirieke in sy hartstaal. Van sy liedjies is al op gemeenskapsradiostasies gespeel.

Mpumelelo, better known as Mr. Bluuz, grew up in Bathurst in the Eastern Cape. In primary school he came up with the idea to start a school choir – naturally becoming the lead singer himself. Mpumelelo dropped out of school in grade 10 and works on a farm in the Prince Albert district. He believes that music is the most powerful tool to change the world.

Bryson Appels a.k.a 5 Star (Die Ster) is in Alabama, Klerksdorp gebore. Sy musiek, onder baie mense bekend as “van die straat af vir die strate”, is deur kunstenaars soos P.O.C., Brasse Vannie Kaap, Isaac Mutant en Hemelbesem beïnvloed. Met sy energieke, triomfantlike klanke is hy beslis ’n witwarm talent om dop te hou. Hy was al op die verhoog saam met Hemelbesem, Yoma, Early B, Ixa, Die Hooflig, Oxijin en ander. Tans verteenwoordig hy sy tuisdorp onder die handelsnaam “Straatkat Media”, wat spog met meer as 80 000 YouTube-kyke. Sy musiekvideo’s is al op kykNET en Onse TV uitgesaai.

+ posts

Frazer Barry betower al vir meer as twintig jaar nasionale en internasionale verhoë – insluitend dié van Nederland en België – met sy Afrika-klanke. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo wat reeds twee albums, Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son, die lig laat sien het. Hy is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies – onder meer vir Lepeltjie vol snare en Die Riel van Hip Hop. Frazer doen klankontwerp en het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree. Frazer is verder ook ’n rymkletsvervaardiger en is betrokke by die ontwikkeling van jong kunstenaars.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *