Ou dae by Paulet 2020: Khadija Tracey Heeger maak mooi mettie seer

KHADIJA: When you deny, you block. Ek sien die definisies van kultuur en ancestry, hoe dit lyk, voel, proe, die reuk, tekstuur daarvan as problematies. Die storie van een bloedlyn, die tipe nonsens, wat vir my baie voel soos neonazism. Hoe de donner het ’n mens net een bloedlyn wat deur hulle loop. Ons komvandaan, almal van ons is multifaceted. Ons word skaam gemaak omdat ons kulturele markings nie soes die van andere lyk nie. Maar dit hoef nie soos enige iemand anders se cultural markings, spore te lyk nie. Dis die denial van die dinge wat ons onderdruk en dispossess in ons land. Belonging here and anywhere is based on these lies.  

Aba te 
fetch me back Diana, like you did Sarah Baartman 
from the country of my depression 
show me the unmarked grave of my tongue 
there where Buchu still grows in Khoekhoegowab 
your blood and my blood in Khoekhoegowab 
dagga, karee 
gogga en kierie 
geitjie en kwagga in Khoekhoegowab 
praat vannie kamma unity in diversity wat nog in die bek van divide en rule sit 

‘Aba te’, bl.26 

https://klyntji.squarespace.com/joernaal/2022/11/2/khadija-tracey-heeger-thicker-than-sorrow

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *