OumaLilly se Shoping Lysie
Jeremeo Le Cordeur
Trek twie-duisend rand
betaal my skuldtjies.
Vier-hon’it vir “Edgars”
Drie-hon’it vir “Dick en All’Shop”
Twie-hon’it virrie kerk
en, een hon’it en vyftig virrie dood.
Asseblief, my hartpille by die apteek
en “Nice en Easy”-dye vir my hare,
“Dark Auburn”, nommer een hon’it en twaalf.
’n boks “Twinsaver”-tissues
’n blik babapoeier
“Yardley-Confetti”-spray
Panado-pille
Puma-salf
Versterkdruppels
Groen amara
Wonderkroon
Jamaika-gemmer
Halmes-drip en Vaseline
en “L’Oréal Paris Anti-Wrinkle Cream”
Die potjie vir ’ie nag,
Want dit hou my vel lekker sag
Kry tamaties en skorsies ôk
’n sak uiwe
’n boks “Bacon Kips”
’n tin “Quality Streets”
“Apple Crumble”
“Romany Creams” mettie mint,
“Bob Martin”-pille virrie hônne
en ’n varsgebakte melktert mettie Shoprite-seëls.
Maak ’n draai by die slaghuis
kry ’n pak Grabouw-wors
“Lean Beef Mince”
en die special by jou niggie, Rince.
Kyk ôk vir ietsie moois by “Edgars”,
om kerk toe aan te trek.
Hou al die slippies
bring al my kleingeld
en koep vir jou iets lekker,
want jy het hard gewerk.”