A place where stories unfold

Ou dae by Paulet 2019: Khoikhoi-leerboek: ‘n gesprek saam met Toroga Denver Breda

‘MERCY: Dink jy daar is ’n bereidwilligheid om inheemse tale aan te leer? Hoekom of hoekom nie?  

TOROGA: Ek dink daar is. Mense is bereid om hulle eie taal aan te leer. Ek dink ons Khoi-mense weet en kan voel dat wanneer jy ’n taal praat wat nie lyk soos jy of klink soos jy nie, is daar ’n gat daarin iewers. Sistemies is daar steeds die normalisation van Afrikaans as ons moedertaal en die twee gaan moet co-exist, want ons gaan nie Afrikaans net so los nie. Khoikhoi kan ’n baie meer dominante rol speel in ons Khoi-erfenis en in wie ons is. Daar is wel challenges — dis daai colonial mindset wat exist in onse Khoi-mense. 

MERCY: Jy is baie outspoken oor Khoensake. Hoekom?

TOROGA: Outspoken is so ’n intense woord. Ek dink ek is net baie intentional. Intentional oor die werk en wie ons is, want ons is belangrike mense en ek dink terwyl ons, ons taal en kultuur nie sien as belangrik nie, gaan ons nie vir onsself ag as belangrik nie. Dié werk is lasalasa (restoration) work. Miskien weet ons nie eers ons het die need vir lasalasa nie, maar dit is belangrik. 

MERCY: Wat wil jy sien gebeur rondom Khoikhoi?

TOROGA: Ek wil hê mense moet geld gee vir Khoikhoi-werk, resources available maak, en hierdie intensiewe gesprekke voer. Ek wil ook hê mense moet hulle instansies decolonise, en die anti-Khoi behaviour binne Afrikaans challenge. Baie van die Afrikaanse feeste en organisasies is nog deeply rooted in anti-Khoi behaviour. Hulle sê dit nie, maar hulle actions wys dit. Daar was ’n lightbulb moment binne Afrikaans waar daar gesê is: “Okay, kykie, doen gou julle Khoi-goed hier”. Ons was gou ’n fad, en toe is dit oor. Maar ons gaan nie verdwyn nie. Ek wil dedicated funding en dedicated programming vir Khoikhoi werk by Afrikaanse feeste sien. 

MERCY: Wat wil jy hê moet mense wegneem van jou Khoikhoi-leerboek?

TOROGA: Die Khoikhoi-reader is nie net vir ons Khoi-mense wat ons taal moet reclaim nie. Dit is ook vir die hele land. Jy kan nie praat van connecting met dié land as jy nie die eerste taal van die land ken of verstaan nie. Party mense is so verbaas as hulle woorde soos “Karoo”, “Leeu-Gamka”, “Gamtoosvallei”, “Tsitstikamma”, “naai”, “kak”, “dagga” hoor. Dis almal Khoi-woorde. Dis belangrik om hierdie tipe werk te support, want jy kan nie die eerste mense seermaak (soos wat die Khoi seergekry het) en dink die land gaan nie seer wees nie. As ek die reader moet beskryf… Dis such ’n revolution, oftewel ’n khaima!’ Klyntji

Toroga Denver Breda, ’n skrywer en Khoi-aktivis van Kaapstad, is die samesteller van die leerboek, Khoikhoi Useful Phrases & Words (2021), wat alledaagse woorde en handelinge in Suid-Afrika se eerste taal bevat. Die kunstenaar Dav Andrew het die visuele aspekte van die leerboek behartig. Dav is, volgens Toroga, een van die min Khoi-kunstenaars wat Khoi-mense skets. Khoikhoi Useful Phrases & Words is ’n genotvolle gids wat my weer opgewonde oor taal gemaak het.” Kannemeyer
 

https://klyntji.com/joernaal/2022/3/26/khoikhoi-woordeboek

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *