A place where stories unfold

Ou dae by Paulet 2021: Die digter, skilder, musikant en akademikus

Andries Roof Bezuidenhout is ’n akademikus, skilder, digter, musikant en Suid-Afrikaner wat hou van reis. Hy is die stigterslid van die rock band Die Brixton Moord en Roof Orkes. Sy PhD handel oor postkoloniale werksplekke in huishoudelike toestelfabrieke in Suid-Afrika, Zimbabwe en Swaziland (nou Eswatini) en hy is ’n professor in ontwikkelingstudie aan die Universiteit van Fort Hare.

Die afgelope winter het ek en Andries albei die Jakes Gerwel en Pen Afrikaans Skryfresidensie in Somerset-Oos bygewoon. Tydens die residensie het ons aan ’n plaat, Derde Golf, gewerk. Die plaat bevat 16 gedigte deur Salvia Ockhuis, Valda Jansen, Lydia Gittens, en deur my en Andries, waarvoor Andries ook die musiek gemaak het.

Andries is ’n jack of all trades, dalk ook ’n master of all. Hy is oorspronklik, belese en besonders snaaks. Hy kan oor enige iets praat en hoe meer ek hom leer ken het, hoe meer wou ek oor hom weet. Ek het met hom gesels oor sy uiteenlopende skryf-, musiek- en kunsloopbaan.’ Kannemeyer

Lees verder in Klyntji:

https://klyntji.com/joernaal/2021/10/22/andries-bezuidenhout

Plus hieronder: Andries se storie (met audio) -Die Derde Golf in Somerset-Oos

+ posts

Mercy Kannemeyer is ’n teatermaker, skrywer, fasiliteerder, regisseur en taalaktivis. Sy voltooi in 2021 haar meestersgraad in drama aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar teaterwerk sluit die verwerking en regie van Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie, die regie van Woorde op Akkoorde en die medeskryf en regie van Ekstra large, asseblief in. In 2017 het sy ’n Kokertoekenning vir haar dokumentêr Die ander kant / The Other Side oor die taalkwessie aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. In 2018 is sy met ’n rektorstoekenning vir prestasie in kultuur van die Universiteit Stellenbosch vereer. Mercy Kannemeyer doen ook vryskutskryfwerk en bewyer haar vir die voortbestaan, herverbeelding en viering van tale – veral van Afrikaans, haar moedertaal.

+ posts

Andries Bezuidenhout is ’n digter, sanger, beeldende kunstenaar en akademikus. Hy het twee digbundels gepubliseer, naamlik Retoer (2007, Protea Boekhuis) en Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle (2014, Protea Boekhuis). Sy mees onlangse musiekopname is Onplaats wat in 2020 deur Die Wasgoedlyn vrygestel is. Hy het twee verdere albums as solo-musikant opgeneem en nog drie saam met sy eertydse groep, die Brixton Moord en Roof Orkes. Hy skilder meestal landskappe en interieurs en het aan ʼn paar kunsuitstallings – onder andere een met Olive Schreiner as historiese figuur as fokus – deelgeneem. Hy het grade van die Universiteite van die Witwatersrand (doktorsgraad in sosiologie), Pretoria (politieke wetenskap en bedryfsosiologie) en Stellenbosch (kreatiewe skryfkuns). Tans is hy ’n professor in ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Fort Hare en woon in Alice.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *