A place where stories unfold

Mercy Kannemeyer

Mercy Kannemeyer is ’n teatermaker, skrywer, fasiliteerder, regisseur en taalaktivis. Sy voltooi in 2021 haar meestersgraad in drama aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar teaterwerk sluit die verwerking en regie van Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie, die regie van Woorde op Akkoorde en die medeskryf en regie van Ekstra large, asseblief in. In 2017 het sy ’n Kokertoekenning vir haar dokumentêr Die ander kant / The Other Side oor die taalkwessie aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. In 2018 is sy met ’n rektorstoekenning vir prestasie in kultuur van die Universiteit Stellenbosch vereer. Mercy Kannemeyer doen ook vryskutskryfwerk en bewyer haar vir die voortbestaan, herverbeelding en viering van tale – veral van Afrikaans, haar moedertaal.

Golden Oldies: Die Derde Golf in Somerset-Oos

“Alice, Oos-Kaap. Dis nou einde Mei 2022, die begin van die vyfde golf Covid-19 infeksies. ’n Jaar gelede, asook drie inentings terug, was ek op die punt om die motor […]