Ek is generally baie goed daarin om te weet wanneer om nee te sê vir goed. As ’n artist wat ’n living try maak van sy creative output, maar wat ook ’n strong sense of credibility en integrity try maintain deur nié die market te flood met ’n klomp half-baked shit nie, móét jy dit down hê tot ’n fine science. Wat my personal life betref, however, is ek nog ’n work in progress.
Example: die ander dag gaan ek Spar toe. Nog nie eers by die deur in nie, sneeze die security guard op my, so naturally gaan soek ek ’n stil deel van die winkel uit waar ek gou my mini-breakdown kan manage. Staan ek toe voor die Krispy Kreme display stand, voel ek ’n hand op my skouer. ’n Hand wat ek toe láter eers uitgevind het behoort aan ’n bra wat saam met my op Stellenbosch was; een van daai brasse op daai lang lys van motherfuckers wat ek ge-vow het ek gaan nooit weer sien nie. Ek was besig om te spiral, so al wat ek van die interaction kan onthou, is ’n geknik, ’n gelag en ’n overly masculine, palm-slamming, shoulder-blade-slapping groet. ’n Paar dae ná daai kry ek ’n message met ’n pin en ’n “check jou daar, tjom!”
En daai’s die storie van hoe ek opgeëindig het by ’n F1 watching party.
Lees verder hier:
https://klyntji.com/joernaal/2022/8/24/pretty-dope-things-om-te-suffer-vir-jou-kuns-ryan-pedro