Ou dae by Paulet 2019: Kompoun deur Ronelda S Kamfer is ‘n instant classic – en hier’s hoekom

“Maar even in daai case, is dit worth taking note of, want dis in dié familiarity waar Kompoun se essence lê. Die novel se language, narratives en characters is alles die fibres van ’n culture wat ’n al hoe sterker en meer dignified presence in die world of literature begin geniet. Met Kompoun bou Kamfer voort op ’n literary tradition wat sy help pioneer het – writing wat gaan oor fractured lives in fractured spaces, maar wat ook bewys dat fragmented nie incomplete beteken nie. Die achronologiese narratiewe aanbod lyk nie verniet só nie.” Ryan Pedro 

https://klyntji.squarespace.com/joernaal/2022/1/15/kompoun-ronelda-s-kamfer

+ posts

Ryan Pedro is in 1993 gebore en het sy grootwordjare in Kakamas en langs die Weskus deurgebring. Hy woon tans in Gordonsbaai saam met sy lewensmaat. Van sy gedigte het in Nuwe Stemme 6 verskyn en hy het aan sy debuutbundel pienk ceramic-hondjies gewerk tydens die Jakes Gerwel Stigting / PEN Afrikaans Skrywersresidensie van 2019. In pienk ceramic-hondjies maak die leser kennis met die vars en nuwe stem van Ryan Pedro wat skryf oor ’n leefwêreld wat in die Suid-Afrikaanse letterkunde nog bykans onaangeroer is. Die gedigte word dikwels vanuit die oogpunt van ’n plattelandse bruin kind in sy vormingsjare aangebied. Blootstelling aan verskillende wêrelde binne die familie-opset of dié van ’n klein dorp bied ’n blik op die vloeibaarheid van identiteit en die kompleksiteite wat meegebring word deur ras, klas en opvoeding. Die verskillende leefwêrelde word ook sigbaar gemaak met verskillende taalvariëteite wat in die verse voorkom. ’n Unieke stem vanuit ’n nuwe generasie skrywers tree toe tot die Afrikaanse poësie in hierdie bundel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *