Een ding wattie twie issie, Boeta Langding wasse ledjint van moerse proporsies. Kyk hiesa, as daa nou van size gepraat wôd dan was hy vê praat ienagge djoepie se gold standard as djy soe by niege soes ek begin wonne wanne jou ding gaan groei. Die dag toe hy sat gan toe sê die grootmense dis van “natural causes”, maa die wood onne ôs was dat dis van vuilsiek. Miskien, accorring Boeta Langding se ledjint was dit een en die same ding.
Maa djy moes daai dag van sy lyk biesageit in 1972 innie Elsies gesiennit! Ek djie julle nie kak nie , ghoeste van oorals en alle sizes en colours het hard getjank toerie kapelan sê hulle moet “Nader aan U my Heer” sing. Ek vra vir my nief Riekie hoekô hulle soe tjank cause why Langding gaan mos na ‘n bietere plek. Nou Riekie skiet toe ‘n befokte kaat want hy is oek niege soes ekke, maa baie mee wys innie dinge van ghoeste. “Is ommat hulle allie tyd baie na aan Langding se ding was en nou is sy ding wim”, sny hy.
Toe die kapielan beginte priek van sy vrou en twie kinnes wat hulle Pa nou aannie hiemel afstaan toe briek allie kak los. Fyf anne ghoeste met kinnes by hulle begin innie mirrel vannie priek hard tjank.
Nou nèrra oppai moment kap die kapielan vas, en die julle se gemeente kyk om. “Susters kan ons asseblief die waardigheid van hierdie ter aardestelling van ons geliefde broer eerbiedig?”, pleit hy.
“Dan moet djy oek praat van ôs en sy anne laaities en nie net daai vrou nie.”, kap een ghoes. En nêrra begin die gerollery. Langding se pampiere vrou spring op uitie kêkbanke en rush op sy spaawiel ghoeste.
Djy sien net broers en susters spat ennie kapielan skree dat allie kinnes moet uitie kêk waai. Maa ek en Riekie staan bankvas, want die is mos ‘n befokte fight en issie somma ienagge dag wat djy ‘n rol inne kêk sien nie, en dit nogal by ‘n begrafnis. ‘n Ouderling hou hom stêkgevriet met ôs en skel – “Het julle nie ore nie? Julle het gehoor wat die Pastoor sê.”
Maa Riekie is mos altyd slim mettie bek en briek los mettie koortjie – “Die Jirre het gesê, ek moet hier wag.” Nêrra join ek hom innie chorus met – “Ek moet hier wag, ek moet hier wag.” Die Ouderling raak soe die moerin en moer ôs full force uitie kêk. Ôs wiettie wat toe daa gebeu hettie cause why daai Ouderling was soe die hel in dat hy ôs al affennie laane mette sambok gedja rit.
Anyways, Boeta Langding se lyk was nog oneway die befokste lyk waa ek al ooit by gewiesit. Sy ledjint het nog baie jare geloep onne vannie ouens in ôs wilde mieliepapjare van ghoesdjag, maa nie een van ôs kon rêrag sy naam Langding dra nie.
Jeremy, die Dikding vannie Elsies
Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was ’n lid van MK en ’n lyfwag vir oud-president Nelson Mandela. Hy is ’n vorige majoor-generaal in die SAPD en was tot onlangs adjunk-provinsiale-kommisaris in die Wes-Kaap SAPD. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Sy book Into Dark Water: A Police Memoir (Tafelberg 2021) is benoem op die 2022 Sunday Times Literary Awards langlys.