Blou Moord (Paperback)
by Francois Bloemhof
ISBN: 9780637002912
“Ons gaan nêrens heen nie. En niemand kom om ons te red nie.
Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.
Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:
*Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
*Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
*Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
*Annetjie, hulle polities bewuste dogter
*Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
*Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
*Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
*Miguel Pedrito, Una se handyman
*Inez, sy vrou en die kok-huishoudster
Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is twee dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol ….
Die ligging van die derde boek in die Ludo Labuschagne-reeks, ʼn afgesonderde, eksotiese eiland aan die kus van Natal, skep die perfekte verhoog vir ʼn moordraaisel in die styl van Agatha Christie. Elke boek in die reeks speel af in ʼn maand van 1981. Ludo het aan homself die uitdaging gestel om elke maand een raaisel op te los en is oortuig hy het reeds in Maart aan daardie uitdaging voldoen. Dan word iemand vermoor tydens sy eiland vankansie. Hierdie keer mag hy dalk net heeltemal uit sy vaarwater wees.
Vorige titels in die reeks: Die duiwel maak my hart so seer, en Kry vir jou!”
Wikipedia entry:
“François Bloemhof is a South African author, playwright, composer, copywriter and film reviewer. He writes mostly in Afrikaans and has won a number of prizes for his work.
Bloemhof has published over 100 books for different age groups.
Selected bibliography
Adult Fiction
Die Nag Het Net Een Oog (1991)
Die Duiwel se Tuin (1993)
Koue Soen (1994)
Bloedbroer (1995)
Storieboek (1996)
Mooidraai Basuin (1997)
Nagbesoeker (1997)
Hostis (1998)
Klipgooi (1999)
’n Tweede Asem vir Jan A (2001)
Spinnerak (Alma van der Pool #1) (2006)
Jagseisoen (Alma van der Pool #2) (2007)
Rooi Luiperd (Mark Steyn #1) (2008)
Harde Woorde (Alma van der Pool #3) (2009)
Afspraak in Venesië (Mark Steyn #2) (2009)
Die Onbekendes (2010)
Die Genesis-faktor (Mark Steyn #3) (2010)
Helse Manier van Koebaai Sê (Mark Steyn #4) (2011)
Jy-weet-wie (2012)
Moord in die Beloofde Land (2013)
Pad Na Jou Hart (2013)
Die Vierde Stem (2014)
Vir Altyd (2014)
Vir die Voëls (2016)
Double Echo (Doodskoot) (2016)
Feeding Time (Dieretuin) (2017)
Vergeet My Nie (2020)
Fiction For Teenagers And Younger Readers
Sakkie en die Toffiewolf (1994)
Die Dom Towenaar (1994)
Dinnie Kaboef (1997)
Middernagland (1996)
Die Vrou met die Pers Oog* (1996)
Donderwoud* (1996)
Die Waterding* (1997)
Slinger-slinger (1997)
K-TV Holiday Fun (fun and activity book) (1997)
Kamer 13* (1998)
Die Wit Huis (1998)
Die Speletjie* (1999)
Kry vir jou, Ou Langklou* (2000)
Die Dae Toe Ek Elvis Was (2002)
Hospitaaltyd* (2002)
Agent Snoet en die Botterdiamant (2002)
A Day to Celebrate (’n Dag om te Vier!) (2003)
Who Wants to be What? (Wie Wil Wat Wees?) (2003)
Spiders in the House (Spinnekoppe in die Huis) (2003)
Great Ideas (Blink Gedagtes) (with Johan van Lill) (2003)
Vampiere in Londen* (2004)
Nie Vir Kinders Nie (2005)
Agent Snoet en die Kattekwaad (2005)
City at the End of the World (Stad aan die Einde van die Wêreld) (2007)
Moenie dat die Grootmense Hoor Nie (2009)
Agent Snoet en die Hondelewe (2008)
Flipom (2009)
Agent Snoet en die Groen Genugtig (2010)
13 Spookstories (2010)
Die Land Verby Donker (2012)
Vreeslike Versies (Afrikaans translation of Roald Dahl’s Revolting Rhymes) (2012)
Nog 13 Spookstories (2012)
Koue Rillings (2013)
Liefde, Moord en Facebook (2015)
Agent Snoet en die Windlawaai (2016)
Agent Snoet 5-in-1 Omnibus (2019)”
François Bloemhof behaal reeds in graad 11 die prestasie van medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Hy het al meer as 90 boeke gepubliseer en daar is nie nog ’n skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf soos hy nie. Hy is meermalig in elk van hierdie kategorieë bekroon, ook met sy debuutroman Die nag het net een oog verower hy die De Kat-prys. Onder sy ander pryse tel etlike ATKV-Veertjies waarvoor lesers self die wenboeke aanwys. Onder sy baanbrekerswerk – op internasionale en nie op bloot plaaslike vlak nie – tel die eerste boek met ’n oorspronklike selfgekomponeerde CD-klankbaan, die eerste boek met ’n eie rekenaarspeletjie, die eerste flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Hy het ook gesorg vir die eerste Afrikaanse strokiesromanreeks (Agent Snoet) en die heel eerste e-boek (Spinnerak) in Afrikaans. Verder het François al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer, asook vervolgverhale in tydskrifte. François vryskut daarbenewens ook as kopieskrywer, resensent, joernalis en samesteller. Hy was al verhaalredakteur by Sarie en boekredakteur by Die Burger. Sy huidige stokperdjie is om musiek te skryf vir sangers wat ’n effens ander soort Afrikaanse liedjie soek. François se eerste draaiboek, Double echo, is deur Karoo Films vervaardig.