Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Lees meer hieronder.
François Bloemhof, De Wet Hugo: Hoe gril ek nou!
(Oktober 2023, NB Uitgewers: Sagteband, 144 pg, Kinders 10 -13 yrs)
Beskrywing
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. François is ‘n vryskut-taalpraktisyn en woon in Durbanville.,De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ‘n dekade by ‘n Britse Internasionale Skole in Asië – eers in Saoedi-Arabië en nou in China. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die bekende skrywer van die Grilgrypers- en Kies-jou-avontuur-reekse, asook Katastrofe.
François Bloemhof behaal reeds in graad 11 die prestasie van medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Hy het al meer as 90 boeke gepubliseer en daar is nie nog ’n skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf soos hy nie. Hy is meermalig in elk van hierdie kategorieë bekroon, ook met sy debuutroman Die nag het net een oog verower hy die De Kat-prys. Onder sy ander pryse tel etlike ATKV-Veertjies waarvoor lesers self die wenboeke aanwys. Onder sy baanbrekerswerk – op internasionale en nie op bloot plaaslike vlak nie – tel die eerste boek met ’n oorspronklike selfgekomponeerde CD-klankbaan, die eerste boek met ’n eie rekenaarspeletjie, die eerste flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Hy het ook gesorg vir die eerste Afrikaanse strokiesromanreeks (Agent Snoet) en die heel eerste e-boek (Spinnerak) in Afrikaans. Verder het François al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer, asook vervolgverhale in tydskrifte. François vryskut daarbenewens ook as kopieskrywer, resensent, joernalis en samesteller. Hy was al verhaalredakteur by Sarie en boekredakteur by Die Burger. Sy huidige stokperdjie is om musiek te skryf vir sangers wat ’n effens ander soort Afrikaanse liedjie soek. François se eerste draaiboek, Double echo, is deur Karoo Films vervaardig.