A place where stories unfold

LitNet: Chase Rhys

Nadat Chase die kykNET-Rapport-filmprys ontvang het, het Netwerk24 (15 September 2019) hulle gevra hoe hul die “vakmanskap van skryf” sien en hoekom hulle hierdie “talent” spesifiek in Afrikaans wil slyp. Chase het as volg hierop gereageer: “Vi my is skryf tydreis. Ek skryf mettie kennis dat my woorde, my stem, oor tyd strek. Skryf isse kunsvorm waarmee ek allien en direk met mense kan praat. Wanne jy my woorde lees, hoor jy my stem in jou kop. My woorde gaan langer lewe as ek, soe ek’s bewus daarvan dat my werk my ‘life after death’ is.

“Ek skryf sjarme oppie blaai – dit klink ’n bietjie witchy, maa my impuls om te skryf is instinktief en voorvaderlik. Die magic is dat ek met swart woorde oppe wit blaai heel en kleurvolle wêrelde kan skep.

“Ek skryf om te bevry. Ek skryf sodat ek myself kan herken. Ek skryf sodat jy kan wiet wie jy is. Die way ek dit sien, het ek net twie stories om te vertel: Een isse storie van wie en wat jy eintlik is (dis amper onmoontlik om hierdie een te skryf); die anne een issie storie van dit wat in jou pad staan, die dinge wat jou block van die kennis van wie jy is. In die twiede verhaal is daar veel mee plek vi konflik en metafoor, soe dis die storie wat ek gereeld vertel. Maar innie einde vat al twie tipe stories vir die leser (en my karakters) na dieselfde plek toe: ’n herkenning van self.”

+ posts

Chase Rhys (1989) is a Cape Town novelist, columnist, playwright and screenwriter. Their debut book Kinnes won the K. Sello Duiker Prize and the kykNET-Rapport Prize in the film category in 2019. Chase’s second book Misfit – stories vannie anne kant, is a compilation of new and reworked stories from his Suikewate column in Rapport.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *