Die doelstellings van die Jakes Gerwel Stigting is om die nalatenskap van wyle professor Jakes Gerwel te vier deur ’n verskeidenheid programme wat gemik is om skryftalent te ontwikkel. Ons strewe voorts na soomloosheid en gelykheid in ’n denkende, verenigde Suid-Afrikaanse gemeenskap waarin sosio-ekonomiese kwessies saam aangepak en oorbrug word.
Fokus
Die Jakes Gerwel Stigting fokus op die bevordering en uitbouing van die Suid-Afrikaanse letterkunde milieu, met die volgende breë fokusareas in gedagte:
- Om alle genres van die Suid-Afrikaanse letterkunde te verryk en te verruim
- Om nuwe perspektiewe en ervaringswêrelde te laat hoor
- Om veral opkomende skrywers en nuwe stemme te onderskraag
- Om ’n waardering vir die literêre kuns vanaf ’n jong ouderdom by Suid-Afrikaners aan te moedig.