Huisgenoot se kortverhaal: “Wakkerboom” deur Tiaan la Grange

Tiaan la Grange, deelnemer aan die Kommadagga Slypskool in 2024, is ’n jong skrywer in Kaapstad. Sy studies onder leiding van prof Sally-Ann Murray in kortskryfkuns tydens sy taal-en-kultuur-kursus was ’n hoogtepunt in sy lewe. Dié ervaring het hom ná sy honneurs in Frans na vryskutwerk vir en internskappe by uitgewers soos NB-Uitgewers, Penguin Random House en Mirari Press gelei. Skryf is vir Le Grange die medium waardeur die menslike gedeel kan word en hy droom daarvan om sy eie jeugverhale te publiseer.

Le Grange se kortverhaal, “Wakkerboom”, wat hy tydens die Kommadagga Slypskool op Somerset-Oos geskryf het, is nou op Huisgenoot se webtuiste beskikbaar:

Wakkerboom

In die tuin waar die seun woon, weet almal die groot ou eikeboom het al die antwoorde, en dié feit kan sy redding beteken.

’n Oranje gloed verlig die weste. Vreemd, dink die seun toe hy in die tuin wakker skrik. Die feniks se hand vol sterre in die hemel vertel hom die môre behoort nog ’n paar uur weg te wees. Hy staan op en ruik aan die lug: ’n veldbrand.

Hy kruip uit sy blyplek by die eendedam en hardloop na die groot ou eikeboom wat in die hart van die tuin troon. Sy vingers klou aan die klowe en krake van die boombas soos hy klim. Hy smeek die groot ou eikeboom om die diere van die tuin te waarsku.

Hulle moet padgee voor die brand kom. My kind, sê die groot ou eikeboom terwyl hy sy takke met ’n ritsel en ’n rek wakker skud, amper asof ’n bries sy blare in die naglug laat bibber. Kan jy dan nie hoor hoe stil die tuin is nie?

Net jy het hulle die gevaar aangevoel en reeds gevlug. Dis waar. Die enigste ding wat die seun kan hoor, is die diep asemteue van die vuur in die verte, soos die rollende brul van ’n leeu.

Tevrede dat die tuin se inwoners veilig is, spring hy terug grond toe. Hy stop. Bang dat hy reeds die antwoord weet, vra hy of die boom oukei sal wees. Die groewe van die groot ou eikeboom se bas glimlag sag ...

Klik hier om die hele kortverhaal op Huisgenoot se platform te lees.

Tiaan La Grange

Tiaan Booyens eien vir hom die skrywersvan La Grange, sy ma se nooiensvan, toe. Vir hom verteenwoordig hierdie keuse al die sterk vroue en saggeaarde mans wat hom geïnspireer het om te begin skryf. Sy studies onder leiding van prof Sally-Ann Murray in kortskryfkuns tydens sy taal-en-kultuur-kursus was ’n hoogtepunt. Dié ervaring het hom ná sy honneurs in Frans na vryskutwerk vir en internskappe by uitgewers soos NB-Uitgewers, Penguin Random House en Mirari Press gelei. Skryf is vir Tiaan die medium waardeur die menslike gedeel kan word en hy droom daarvan om sy eie jeugverhale te publiseer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *