A place where stories unfold

LitNet: Ses redes om Dude! Wa’s my bakkie? te kyk

Ôs ammal kan relate aan daai ou film vannie early 2000’s, though Jeremeo Le Cordeur se Dude! Wa’s my bakkie? gie niewe meaning aan daai movie – Ashton Kutcher se gesig issie mee die een wat opkô wanner djy daai show se award-winning titel hoo!

Dude! Wa’s my bakkie?, aangebied deur Vulture Productions en die National Arts Festival, kô terug Mother City toe narie show amper die hele land getoer’t. Ek is chuffed om te sê ek was daa vi omtrent halfde vannie festival run voo covid die planet oo’gevarrit! Die show is geskryf en performed deur Jeremeo Le Cordeur, directed deur Dean van der Ventel, met bydraes deur ’n paa gaskunstenaars that we know and love. Die show speel van 10 tot 15 July 2023, tickets te koop by Webtickets.

Ja, ôs wiet dat djy sieke mee redes norag het om warm aan te trek en Baxter Masambe in Rondebosch (gebruik die secured parking!) vanaand toe te kô. Hie’s ses redes om jou eie bakkie met familie en vrinne vol te maak ommie show te kô kyk:

1. 21st throwbacks

As djy oo dêtag is, het djy mossie mee vrinne wat 21 issie, soe dit was leqqa om genooi te wôd na een van hierie partytjies innie show, oek om jou eie 21st throwbacks te onthou. Imagine for ’n second die perfekte 21st in Wellington of oppie Cape Flats – Dean se 21st tick ammal daai bokse! ’n Leqqa Kenny G-type playlist, ’n sleutel en ’n big reveal – daa’s niks waa’aan die September-familie nie gedink het nie. Ôs lee deur Dean se dialogue dattie jol omtrent vol gewies’t.

Lees verder hier:

+ posts

Tasneem Daniels has a 10-year combined portfolio in media, education, arts and entertainment. Tasneem formed part of the first group of playwrights to take up residence at the Jakes Gerwel Foundation (JGF) Paulet House. Here she wrote Miela’s Box, a show collaboratively produced with the JGF in 2020 that debuted on stage and radio stations nationally. Tasneem’s play lead to a career in TV and radio programming with Suidooster (kykNET), An Nur – The Light (SABC 3), Radio 786 (100.4 FM) and the University of the Western Cape (UWC) in collaboration with Bush Radio (89.5 FM). Miela’s Box made a comeback on internet radio in 2024 with Cape Flats Radio and Radio Eersteriver. Tasneem also writes for LitNet, and she is writing her first musical after completing the How to Make a Musical Masterclass in 2019 with David Kramer at the Baxter Theatre. Her interests include tracing her Cape Malay / Indonesian roots and using her travel pursuits to develop her creative businesses.

+ posts

Jeremeo le Cordeur, gebore en getoë in Wellington in die Wes-Kaap, het ’n kreatiewe siel. Sedert hy aan City Varsity se Skool vir Media en Skeppende Kuns gegradueer het, werk Le Cordeur as kunsfotograaf en neem hy verskillende rolle in die teaterwêreld op. Le Cordeur is die entrepreneur agter Vulture Productions, ’n produksie- en ontwerpplatform vir kreatiewe en oorspronklike Suid-Afrikaanse teaterstukke. As vervaardiger en regisseur het Le Cordeur reeds vele suksesvolle teaterproduksies gelewer. In 2014 behartig hy die regie van Tannie Dora goes bos, Warren Meyer se skreeusnaakse spannings- en moorddrama wat tydens die Kunstekaap se agste Kunstefees vir Vrouemenslikheid opgevoer is. In 2019 is hy die regisseur van Mama, die karakterstuk waaraan hy met Chenal Kock meegewerk het. In dieselfde jaar sien sy twee eenmanstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie? die lig. In 2019 ontvang hy die NATi Jong Sterre-toekenning by die Suidoosterfees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *