Netwerk24: ‘‘Só lee djy ’n dramaturg die beste ken’’ deur Tasneem Daniels 

Tasneem Daniels, deelnemer aan die NATi Jong Sterre-program in 2019, skryf ’n huldeblyk aan dramaturg Athol Fugard. Dit het op 15 Maart op Netwerk24 se webtuiste verskyn. 

In haar huldeblyk vertel Daniels hoe die opening lines van Fugard se “Master Harold” …  and the boys een van die eerste dinge is wat in haar gedagtes opkom wanneer sy aan die oorlede dramaturg dink; “She took my money, she called me honey, but she was scandalizin’ my name”. 

“Hierrie opening lines was omtrent ’n lagbol evens voo ekkie hele toneelstuk klaar geleer’t, soe leqqa ’n lagbol dat ekkie ge’mind het om ’n paa shifts as ’n part-time waitress by Ashura Caterers in Athlone in te clock nie net om genoeg geld bymekaar te sit ommie show self byrie Fugard Theatre in 2013 te sien.” – Tasneem Daniels 

Tasneem Daniels

Daniels vertel verder hoe Athol Fugard gereeld die inspirasie agter haar artist dates is – ’n uitstappie wat skrywer Julia Cameron in haar boek, The Artist Way, vir alle kunstenaars aanbeveel. 

Athol Fugard se toneelstukke was baie kee’rie subject van my artist dates. Net soes my vorige artist date Fugard Theatre toe, het ek oek vi myself ’n ticket ge’koep om Boesman and Lena byrie Baxter Theatre te sien om my drivers’ license te vier.

Tasneem Daniels

Sy skryf ook oor die eerste keer toe sy die Fugard Teater gesien het, die toneelstukke wat sy daar gekyk het en haar hartseer toe die teater tydens Covid-19 gesluit het. Alhoewel Daniels nooit vir Fugard ontmoet het nie, skryf sy in haar huldeblyk dat sy dankbaar is dat sy Fugard tussen die bladsye van sy werk kon leer ken. 

Sy karakters sallie saam’t hom graf toe gaanie, en wanner ek hulle wee salaam sê oppie blad, stuu ek vi hom kieslaam (groete) – ’n salute across time and space – wanner ek sy volgende toneelstuk op ’n artist date enjoy.

Tasneem Daniels

Klik hier om Daniels se huldeblyk op Netwerk24 te lees. 

Tasneem Daniels
+ posts

Tasneem Daniels has a 10-year combined portfolio in media, education, arts and entertainment. Tasneem formed part of the first group of playwrights to take up residence at the Jakes Gerwel Foundation (JGF) Paulet House. Here she wrote Miela’s Box, a show collaboratively produced with the JGF in 2020 that debuted on stage and radio stations nationally. Tasneem’s play lead to a career in TV and radio programming with Suidooster (kykNET), An Nur – The Light (SABC 3), Radio 786 (100.4 FM) and the University of the Western Cape (UWC) in collaboration with Bush Radio (89.5 FM). Miela’s Box made a comeback on internet radio in 2024 with Cape Flats Radio and Radio Eersteriver. Tasneem also writes for LitNet, and she is writing her first musical after completing the How to Make a Musical Masterclass in 2019 with David Kramer at the Baxter Theatre. Her interests include tracing her Cape Malay / Indonesian roots and using her travel pursuits to develop her creative businesses.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *