Tasneem Daniels, deelnemer aan die NATi Jong Sterre-program in 2019, skryf ’n huldeblyk aan dramaturg Athol Fugard. Dit het op 15 Maart op Netwerk24 se webtuiste verskyn.
In haar huldeblyk vertel Daniels hoe die opening lines van Fugard se “Master Harold” … and the boys een van die eerste dinge is wat in haar gedagtes opkom wanneer sy aan die oorlede dramaturg dink; “She took my money, she called me honey, but she was scandalizin’ my name”.
“Hierrie opening lines was omtrent ’n lagbol evens voo ekkie hele toneelstuk klaar geleer’t, soe leqqa ’n lagbol dat ekkie ge’mind het om ’n paa shifts as ’n part-time waitress by Ashura Caterers in Athlone in te clock nie net om genoeg geld bymekaar te sit ommie show self byrie Fugard Theatre in 2013 te sien.” – Tasneem Daniels
Tasneem Daniels
Daniels vertel verder hoe Athol Fugard gereeld die inspirasie agter haar artist dates is – ’n uitstappie wat skrywer Julia Cameron in haar boek, The Artist Way, vir alle kunstenaars aanbeveel.
Athol Fugard se toneelstukke was baie kee’rie subject van my artist dates. Net soes my vorige artist date Fugard Theatre toe, het ek oek vi myself ’n ticket ge’koep om Boesman and Lena byrie Baxter Theatre te sien om my drivers’ license te vier.
Tasneem Daniels
Sy skryf ook oor die eerste keer toe sy die Fugard Teater gesien het, die toneelstukke wat sy daar gekyk het en haar hartseer toe die teater tydens Covid-19 gesluit het. Alhoewel Daniels nooit vir Fugard ontmoet het nie, skryf sy in haar huldeblyk dat sy dankbaar is dat sy Fugard tussen die bladsye van sy werk kon leer ken.
Sy karakters sallie saam’t hom graf toe gaanie, en wanner ek hulle wee salaam sê oppie blad, stuu ek vi hom kieslaam (groete) – ’n salute across time and space – wanner ek sy volgende toneelstuk op ’n artist date enjoy.
Tasneem Daniels
Klik hier om Daniels se huldeblyk op Netwerk24 te lees.
Tasneem’s credits include Miela’s Box and Love in the Time of Labarang Hajj, published work on LitNet and Die Burger, and work done for Suidooster (kykNET), An NUR – The Light (SABC 3), Radio 786 (100.4 FM), the University of the Western Cape (UWC) in collaboration with Bush Radio (89.5 FM), LIVE FM Radio and appearing as guest on Cape Talk Radio (567 AM). Tasneem is about to make her YouTube début with Flamenco a la Cape – Through the Eyes of Bienyameen Camroodien, an original documentary inspired by time spent completing the How to Make a Musical Masterclass with David Kramer at the Baxter Theatre.
