A place where stories unfold

Jakes Gerwel Stigting vier die Suidoosterfees se mondigwording

Die Jakes Gerwel-gesprekke – wat by die 21ste Suidoosterfees van 26 April tot 1 Mei by Artscape in Kaapstad aangebied is – het weer mense behoorlik aan die dink en praat gesit. Skrywers en meningvormers van oraloor het deelgeneem aan ’n program wat wyduiteenlopende sake aangeroer het. Hier is besin oor die politieke toekoms van die land, die demokrasie van die afgelope 30 jaar en die skokkende geweldsmisdaadsyfers. Dit was ook die ideale geleentheid vir die bekendstelling van nuwe boeke. Theo Kemp het so deur die geluister en reëlings foto’s geneem.

Jeremy Vearey, Qaanitah Hunter, Adriaan Basson en Mia Spies
’n Ligter oomblik in die diepe gesprek oor ons politieke voorland, met Qaanitah Hunter en Adriaan Basson
Qaanitah Hunter onthul dinge wat die die hare laat rys.
Die Jakes Gerwel Stigting se jaarverslag vir 2023 was gewilde leesstof by die gespreksreeks.
Koketso Sachane gesels met Caster Semenya oor haar boek The Race to be Myself.
Volle aanvaarding van haarself. Sy hou van alles van haarself – selfs hoe sy stap. Caster Semenya vertel oor haar swaar pad met genderdiskrminiasie in sport.
Kelnerin Lily Qunta skryf Caster Semenya se wyshede neer.
Ronelda S Kamfer, Chairmane Africa en Gaireyah Fredericks in aksie
Gaireyah Fredericks skryf ’n boodskap aan die koper van haar boek, een voet innie kabr, waaraan sy tydens haar verblyf in Paulet Huis geskryf het.
Karin Benjamin en Gaireyah Fredericks
Ronelda Kamfer, Paul Kammies en Charmaine Africa vang die middagson voor die Artscape.
Julian Jansen gesels met Nathan Trantaal oor sy grafiese roman, Die man wattie kinnes vang.
Gaireyah Fredericks vra ’n vraag aan Nathan Trantaal oor sy grafiese roman. In die voorgrond is Ronelda Kamfer.
Die teaterman Ricardo Arendse koop Nathan Trantaal se boek by die Shaheen Allie van Wordsworth.
Naidene Lottering, Francis Petersen, Roelf Meyer en Jody Hendricks besin oor die 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika.
Roelf Meyer vertel oor die onderhandelinge, uitdagings en vieringe van die nuwe demokrasie destyds.
Thérèse Hulme gesels met Fiona van Kerwel, uitvoerende hoof van die WOW-projek, oor hoe ’n mens kinders aan die lees kry en hou.
Salim Abdool Karim met sy boek Standing Up for Science
Prof Karim vertel aan Dr Angelique Coetzee oor wat agter die skerms aangegaan het met die uitbreek van die Covid 19-pandemie.
Rachelle Greeff en Haidee Muller-Isaacs
Terry Fortune, bekende sanger, en die nimlike aktrise en teatermaker, Lee-Ann van Rooi, het kom luister na die gesprek oor Phoebe Gerwel se memoir.
Alan en Jessie Burgess tydens die Phoebe-boekgesprek.
Tessa Dooms en Dennis Davis
Roy Havemann praat oor hoe die land herstel kan word.
Theo Kemp, Marlene le Roux, Belinda Kruiper, Niel le Roux en Lyntjie Jaars na afloop van Belinda se inspirerende gesprek oor haar boek, Kalahari-waarheid
Lyntjie Jaars en Niel le Roux spog met hul brillle.
Lebo Mazibuko, Wisani Mushwana, Alistair Mackay en Megan Choritz gesels oor die rol van stede in hul onderskeie romans.
Bernard Lategan, Melene Rossouw, Caroline Peters en Jody Hendricks praat oor die skokkende feite rakende geweldsmisdaad teen vroue.
Zama Moyo, wat Oude Leeskamer se eerste skrywersresident was, het kom inloer by die gespreksreeks. Hier is hy saam met die Kwela-uitgewer Stevlen Vermeulen en Lebo Mazibuko.
Matthew Blackman, Dennis Cruywagen en Nick Dall praat oor die boeiende en onbekende stories agter ware Suid-Afrikaanse legendes – van Mandela en Madonsela tot Makeba.
Fred Roed, Kerushan Govender, Arthur Goldstuck en Kieno Kammies praat oor kunsmatige intelligensie en hoe dit tot voordeel van die mensdom ingespan kan word.
Arthur Goldstuck – KI-kenner – kon nie ’n beter T-hemp vir die geleentheid dra nie.
Careldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans lei die gesprek met Diana Ferrus, André Hendricks en Anzil Kulsen
“Ek het jou kom haal,” dra Diana Ferrus haar roerende gedig oor Sarah Baartman voor.
Mark Shaw, Caryn Dolley, Rehana Rossouw en Jeremy Vearey
Die talentvolle digter en dramaturg Pieter Odendaal gesels oor sy nuutste toneelstuk, Droomwerk.
Lester Kiewit pols Jonathan Ancer oor sy navorsing oor die leuens wat Suid-Afrikaners as die waarheid wysgemaak is.
Lester Kiewit en Mae Kuscus, bibliotekaris en getroue ondersteuner van die Jakes Gerwel-gespreksreeks
Lynsey Ebony Chutel en Tessa Dooms gesels met Jody Hendricks oor hul boek, Coloured – How Classification Became Culture.
Simon Witbooi, Karin Benjamin en Danie Marais was onder die gaste by die gesprek oor Afrikaans Amptelik 100.
Danie Marais en Kirby van der Merwe deel ’n geheime grappie.
Earl-Ray Basson en Melt Myburgh neem deel aan die vurige debat oor die beoogde 100-jarige vieringe van Afrikaans.
Japie Gouws gesels met die veteraan-joernalis, Murray la Vita.
Luke Hutton is seker een van die vriendelikste en behulpsaamste klankmanne ooit.
Nolan Witbooi is die man agter die skerms wat sorg dat als vlot verloop.
Shihaam Domingo, Niel le Roux en Santa Homeyr-Joubert
Sonder Wanda Gwana se koffie was die gespreksreeks nie naastenby so gesellig nie.
+ posts

Theo obtained his master’s degree in creative writing at Stellenbosch University. He has been involved with various projects in the arts before in his role as, among others, project manager of the Woordfees, advertising coordinator at NB Publishers, programme manager at the KKNK as well as at the Vrystaat Literature Festival and as executive director of the Breytenbach Centre in Wellington.

Theo is the author of two novels, Skool and Strafjaart.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *