A place where stories unfold

Nog ’n suksesvolle Suidoosterfees agter die rug: Baie dankie

Die Jakes Gerwel Stigting is diep dankbaar teenoor ons vennote en borge, spesifiek die ATKV, Netwerk24 en die Suidoosterfees, Exclusive Books, al die skrywers, digters, musikante en veral ook die feesgangers wat van vanjaar se gespreksreeks weer ’n reusesukses gemaak het! Ons is trots om jaarliks in Artscape tydens die fees, ’n platform te skep waar meningvormers en skrywers hulle idees vrylik kan deel en waar feesgangers ook vry mag voel om hulle sê te kan sê.

Sien ’n paar oomblike vasgevang in die foto’s hier onder:

Annari van der Merwe, ouduitgewer en JGS-trusteelid, saam met Gilbert van Zyl en Tenita Kidelo en Tiaan Le Grange wat ook by Paulet Huis al geskryf het
Annari van der Merwe, ouduitgewer en JGS-trusteelid, saam met Gilbert van Zyl en Tenita Kidelo en Tiaan Le Grange wat ook by Paulet Huis al geskryf het.
Lebo Mazibuko, Juliette Mngeta en Sihle Qwabe – al drie nou gepubliseerde skrywers na die Bosberg Boekskryfprojek by Paulet Huis met Stevlyn Vermeulen, passievolle uitgewer by Kwela.
Vanjaar was daar ’n volledige boekwinkel danksy die ATKV en Exclusive Books!
Antjie Krog en Mia Spies
Patric Tariq Mellet vertel oor die onvertelde geskiedenis van die slawe aan die Kaap.
Nico Koopman voer die gesprek met Franklin Sonn oor sy outobiografie, Karooseun van Vosburg.
Prof Brian Figaji, voorsitter van die Jakes Gerwel Stigting, en dr Sonn.
Ware misdaadskrywers – Brin Hodgskiss op skerm, Nicole Engelbrecht, Hannes Koekemoer en Mia Spies voor ’n vol gehoor.
Bettina Wyngaard, Siya Khumalo en Alan Storey.
Ilza Roggeband en Frazer Barry luister na Asanda Ngoasheng wat praat oor die invloed van politiek op kos.
Ingrid Jones en Ilza Roggeband terwyl hulle wag vir hul mede-gespreksgenote oor kos en ons komvandaan.
Caryn Dolley, Pieter-Louis Myburgh, Karyn Maughan, Jana van der Merwe en Mia Spies tydens die gesprek oor persvryheid en joernaliste se dapper stryd om nie stilgemaak te word nie.
Ryland Fisher, Cristal Oderson, Caryn-Ann Nel en Jody Hendricks oor die noodsaaklikheid dat joernaliste aanpasbaar moet wees in ’n veranderende bedryf
Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi besin oor Afrika se plek in globale geopolitiek.
Kaappunters met Jacki Latti, Willem Möller, Churchil Naude en Wouter Reyneke. Die Kaappunters het die digters en gehoorlede omtrent hardop aan die dig, lag en dans gehad.
Martina Klopper en Riku Latti tydens Hardop.

Foto’s deur Theo Kemp.

+ posts

Theo obtained his master’s degree in creative writing at Stellenbosch University. He has been involved with various projects in the arts before in his role as, among others, project manager of the Woordfees, advertising coordinator at NB Publishers, programme manager at the KKNK as well as at the Vrystaat Literature Festival and as executive director of the Breytenbach Centre in Wellington.

Theo is the author of two novels, Skool and Strafjaart.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Nog ’n suksesvolle Suidoosterfees agter die rug: Baie dankie”