Ek wil jou soe graāg iets gie
Nette ietsie
Saāmme jou los
Iets wat nooit ka vaporize
Of nog ērgerre
Te orlamenterag raāk
Of nostalgic sōnne sout
Ma ek het niks ietsies
Niks tangible anyway
Net my chants
En my songs
My skryf-stills
En jou humanity
En inclusive
(for)giving gies
Triggevou
Nie net vi nou
But oppie infinite jou
Daā waā spirit
Soe dēm graāg wil wies
But net soul
ooit ka co-habit
— Loit Sōls
© 2022 vi èlke eēn by Paulet-Hys innie winte van 6 June tot 3 July 2022
JGF Blog – Dié writs mēk-ie begin vanne journey van skryf-stills, wat potentially yt kan pan ientoë promising future publication
Loit Sôls is ’n veelsydige visuele kunstenaar, musikant en digter. Hy is die skrywer van die digbundels My straat en anne praat-poems(1998) en Die Faraway Klanke vanne Hadeda(2006) asook, onder andere, die album Serious Kak-praat (2004). Hy het musiekoptredes in verskeie lande buiten Suid-Afrika op sy kerfstok, byvoorbeeld, Nederland, Engeland, Indonesië en Botswana. Van sy gedigte is in ’n aantal bloemlesings opgeneem en ook in ander tale vertaal. Hy is genooi om in 1999 in Nederland aan die Winternachten-poësiefees deel te neem en in 2001 aan die Jakarta International Poetry Reading in Indonesië. In 2021 behaal hy ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan Rhodes Universiteit.