Loit Sōls op Jakes Gerwel se 78ste verjaarsdag: Heppy Earthday Jakes, jou life’s work en study se practical philosophy, holism en vision, en wisdom, is nou ōrals apparent; Aspects vannit over-arch sāme goeie pā Moerstaāl skryfstills (Kwela Boeke, 2022). Ek mos op haā giwēk oppie 2022 residency, toe sy nog in-manuscript was. Buttie beste example vannit is hīe onne; ’n excerpt van “Krye Life”. !Gam Gangans, Dieppe Dangkie, vi jou talent-spotting savvy, en nie net jou positive influence op my writing life nie, but oek vi motivating my writing se content en direction.

Lees hier: Loit se Grace notes gaan oor sy ontmoeting met Professor Jakes en hoe dit sy hele lewe verander.
Loit Sôls is ’n veelsydige visuele kunstenaar, musikant en digter. Hy is die skrywer van die digbundels My straat en anne praat-poems(1998) en Die Faraway Klanke vanne Hadeda(2006) asook, onder andere, die album Serious Kak-praat (2004). Hy het musiekoptredes in verskeie lande buiten Suid-Afrika op sy kerfstok, byvoorbeeld, Nederland, Engeland, Indonesië en Botswana. Van sy gedigte is in ’n aantal bloemlesings opgeneem en ook in ander tale vertaal. Hy is genooi om in 1999 in Nederland aan die Winternachten-poësiefees deel te neem en in 2001 aan die Jakarta International Poetry Reading in Indonesië. In 2021 behaal hy ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan Rhodes Universiteit.