A place where stories unfold

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

ISBN: 9781776074068

Uitgewer: Best Books

Datum Vrygestel: Maart 2024

Prys (incl. VAT): R 290,00

Formaat: Sagteband, 216pp


Oor hierdie boek:

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as ‘n “reis na nêrens” in sy bydrae. In “Reënblom” word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat ‘n kind vir die ouer mense uitkoms gee.

Bydraes deur Fanie Viljoen, De Wet Hugo Skrywersblad, Jaco Jacobs, Ilze Tulleken, Suria Vos, Deidré Jantjies, Kanya Viljoen, Luan Jacobs en Constant van Graan

Saamgestel deur Tanya Viviers, ‘n ervare Afrikaansonderwyser en dramakenner

Geskik vir Graad 7-9 Afrikaans Huistaal, asook Graad 10 en 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Meer inligting: https://ow.ly/ojlk50QZsX4

Beskikbaar by goeie boekwinkels en aanlyn.

+ posts

Deidré Jantjies is ’n professionele flamenco danseres en ook ’n kultuuraktivis wat passievol is oor die stories van historiese vroue. Sy is die stigter van Na Aap Produksies wat tot nog toe onvertelde stories en die geskiedenis van Suider-Afrika na die silwerdoek bring. Na ’n lang betrokkenheid by verhoogoptredes, spits Jantjies nou haar al haar energie toe op die skryf van haar eie stories vir kort- en speelfilms.

+ posts

Kanya Viljoen is ook besig met ’n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk RAAK by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fiësta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir ’n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se Die man en die maan vertel deur ’n kombinasie van bewegingsteater en poëtiese monoloog die magiese verhaal van ’n gesin wat deur die maan verskeur word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *