A place where stories unfold

Kanya Viljoen

Kanya Viljoen is ook besig met ’n meestersgraad in Drama- en Teaterstudies en wel aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het onlangs gedebuteer deur die toneelstuk RAAK by die Vrystaat Kunstefees 2018 op die planke te bring. Dit is as Beste Produksie genomineer en het ook twee KykNET Fiësta-nominasies ontvang. Kanya is verder laasjaar as Beste Opkomende Regisseur deur die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Teater (SATMag) aangewys en is hierdie jaar vir ’n Fleur du Cap Teater-toekenning benoem. Kanya se Die man en die maan vertel deur ’n kombinasie van bewegingsteater en poëtiese monoloog die magiese verhaal van ’n gesin wat deur die maan verskeur word.

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

ISBN: 9781776074068 Uitgewer: Best Books Datum Vrygestel: Maart 2024 Prys (incl. VAT): R 290,00 Formaat: Sagteband, 216pp Oor hierdie boek: Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema […]

Die Teaterprojek Stemme word op LitNet vrygestel

“Zubayr Charles, wat LitNet se Kommadagga-slypskool voltooi het, het Haram geskryf. Quanita Adams was die regisseur en Bianca Flanders en Marunzo Thomas in die rolverdeling. Zubayr sê: Om by Suid Afrika se […]

Jessie, Die Man en Die Maan

 ‘Nee, vanaand moet jy vir my luister. Daai kind van jou gaan konstant teen sy eie wese baklei. Hy gaan sukkel om te weet waar hy staan. Konstant die ander […]