SUURDEEG
Deur: Miché van Wyk
Met: René Cloete en Jodine Ockers
Regie: Sandra Temmingh
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 16:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R100
Geen o/13 T
In die konserwatiewe omgewing van Namakwaland probeer twee amper-skoonsusters uitpluis wat hulle doel as vroue in die lewe is. Anna, reeds 10 jaar met Ouboet-Gert getroud, raak verlief op haar swaer se meisie Emma, wat vir die eerste keer sonder Klein-Johnietjie op die plaas Besondersmeid is. ’n Romantiese drama waarin die karakters voor eensaamheid, ’n begeerte na liefde en betekenisvolle verhoudings te staan kom.

SUURDEEG
By: Miché van Wyk
With: René Cloete and Jodine Ockers
Director: Sandra Temmingh
Language: Afr
Venue: NATi Arena
Date and time: 27 April 16:30
Duration: 60 min
Price: R100
No u/13 L
In the conservative environment of Namaqualand, two soon to be sisters-in-law try to figure out what their purpose as women in life is. Anna, married to Ouboet-Gert for 10 years, falls in love with her brother-in-law’s girlfriend Emma, who is on the farm Besondersmeid without Klein-Johnietjie. A romantic drama in which the characters are faced with lonesomeness, a yearning for love and meaningful relationships.
Miché van Wyk is ʼn aktrise, digter, skrywer en kabaretvertolker van die klein Namakwalandse dorp Steinkopf. Tydens haar dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch het sy deelgeneem aan verskeie departementele produksies, insluitend At her feet deur Nadia Davids. Sy het haar honneursgraad in drama met spesialisasie in kabaret in 2022 behaal en haar navorsingsprojek het gehandel oor die insluiting van die Namataal en -kultuur in Afrikaanse televisie. Sy is ook genomineer vir die Fleur du Cap teaterprys vir die mees belowende student. Vanjaar het sy die kabaret Is als oraait by die huis van die Here? geskryf wat by die Adam Small-teaterkompleks opgevoer is en sy het die hoofrol vertolk in Jantjies and the Pearls wat te sien was by die KKNK en die Suidoosterfees.