Ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape
Mooiplaas
Met Geon Nel, René Cloete, Curtley Pitt en Liandé Valentyn
Teks: Curtley Pitt
Regie: Wessel Pretorius
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 29 April 16:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
Geen o/16 T
https://tickets.computicket.com/event/mooiplaas/7208509/7208515/109872
Gerhardus Foster is baas op die plaas wat deur sy voorsate van die Khoisan gesteel is. Hy behandel sy werkers soos gemors – ook vir Marvin Kleinhans, ’n afstammeling van die oorspronklike besitters. Dis ’n kwessie van tyd voordat die spanning oor eienaarskap breekpunt bereik. Wie gaan uiteindelik oor die bloedgrond van Mooiplaas heers?
Gerhardus Foster is boss on the farm his forefathers had stolen from the Khoisan. He treats his farm workers like dirt, including Marvin Kleinhans, a descendant of the original landowners. It is a matter of time before the tension about ownership reaches boiling point. Who will eventually rule over the bloodied soil that is Mooiplaas?

Curtley Pitt het opleiding as akteur by CityVarsity in Kaapstad ontvang. Hy het in verskeie teaterproduksies gespeel, en TV-rolle vertolk in reekse soos Arendsvlei en Discovery se misdaadreeks, Investigation. Hy werk as stemkunstenaar vir oorklankingsproduksies en tree gereeld as seremoniemeester by korporatiewe geleenthede op. Curtley is ook opgelei in fisieke teater en choreografie, en hy is ’n ontluikende dramaturg wat in Afrikaans skryf.
