Die eerste paar dae met die klas is vir Meneer Balie baie belangrik. Hy’t agter gekom die klas is op ‘n high na hul ontmoeting met die personeel, en die besluit dat die middagklase kon aangaan onder voorwaardes. Dit was tyd om hulle aarde toe te ruk. Meneer Balie vra hulle om agter te bly om die akedemiese jaar met hulle te bespreek. Hy gee hulle die eerste kwartaal se werk, netjies uitgetik. Toe werk hy item vir item met hulle daardeur, en wys vir hulle, volgens die vorige jaar se ontleding van die uitslae, waar elkeen se sterk – en swakpunte lê. Die leerders luister doodstil, want die ontleding is in die kol – elke keer. Op die blad is aangebring werk wat afgehandel moet word; take wat gedoen moet word; klastoetse en die hooftoets se datum. Toe word almal gevra om elkeen sy eie teiken, na gelang van verlede jaar se punt, vas te stel vir die Maart-hooftoets.
‘Die teiken is waarna jy mik in die Maart hooftoets. Die blad moet later voor in die wiskunde-werkboek geplak word waar hy elke dag jou moet herinner. Ek is seker julle sal ‘n soortgelyke beplanning en uitleg van werk, vir die kwartaal by die ander onderwysers in elke vak by julle hê, voor die einde van die week.’
Hierop is daar ‘n gemor onder die leerders.
‘n Seun vra, ‘Hoekom dink Meneer ons moes laasjaar ons eie middagklasse reël?’
Meneer Balie reageer nie hierop nie. Hy praat streng met die klas.
‘Julle is vanjaar die toonaangewers hier op Charleston. Julle is die seniors na wie die res van die leerders by die skool opsien. Julle het verlede jaar met ‘n program begin wat wondere vir die skool in terme van uitslae, en houding tot skoolwerk mee gebring het. Maar hierdie jaar is jul eerste en belangrikste doel, om in elke eksamen so te verbeter dat as die eind-eksamen kom, elkeen van julle gerus is, sonder vrese – met ‘n sterk jaarpunt, stap jy hoogs gemotiveerd in die eksamelokaal in. Nie net in wiskunde nie, maar in elke vak gaan jy so werk. By die September fop-eksamen moet jy reeds ‘n slaagpunt in elke vak hê. Dit tel baie by die eksaminators. Deur die jaar, einde van elke maand, sal ek jou vordering nagaan, jou klastoets en jou take, sodat ek presies weet wat in my klas aangaan. Ek sal ook in die loop van die kwartaal by elke huis omkom, om bietjie te kom gesels met die ouers. Ek het hulle ondersteuning nodig. Ons gaan baie nou saamwerk aan hierdie projek. ’
Die leerders loer so onderlangs na mekaar. Party bly kyk op die bank voor hulle. Net Heather se kop bly op.
‘Julle was suksesvol verlede jaar met jul middagklasse. Tog wil ek hê julle moet dink hoe julle elke middag gaan aanpak, en hoe om jul middae ten beste te benut. Julle het reeds bewys julle het goeie leiers onder julle. Julle het die personeel uitgedaag, en gewen. Ek het my kop op ‘n blok gesit vir julle. Ons gaan mense wys wat ons kan doen sommer in die Maart-toets. Ons gaan voluit van vandag af. No nonsense! Ek wil hê julle moet weet ek is bereid om te help waar ek kan. Druk maar net op my nommer!’
‘Ja, Meneer!’ sê Heather dadelik. ‘Dankie , Meneer!’
En daarmee is die sessie verby. Van agter af, vlieg ‘n paar papierbolle na Heather toe, alles onder gedempte gelag en gespot. Die oomblik moet darem nie gespoil word nie!
‘Wat dink julle van die ou?’ vra Johannes Pypers, ‘n stillerige seun, vir die meisies. Hy stap so ‘n entjie saam met hulle.
‘I think he’s genuine! I really do! I just feel it. His whole presentation as a teacher tells me he’s in it to win. He has a lot to lose if we don’t perform. And I, for one, I’m not going to let that man down!’
Mercy kon net sowel ‘n opsomming gegee het van wat in die groot groep seuns, wat aan die anderkant teen die rant af loop, huise se kant toe, gepraat word.
‘Manne, ons sal moet uithaal en wys. Daai bra klink serious met ons. Ek ga’my kant bring, voluit! Weet’ie van julle nie,’ sê William Syster.
‘Ek sien hom ok so, Willieboy. O’s gat skyt die jaar! Daai man lyk op sy kop,’ stem Boetie Vis saam.
‘Ek’s reg vir die ding, kêrels. Ek weet ’ie van julle nie. Ek ga’ my anderste. Miskien moet ek rugby los vir die jaar. Vat te veel van ‘n man se tyd. As ek’ ie rugby aan het ’ie, het ek al ’ie tyd in die wêreld vir skool.’ Dis Tora se praat.
En so het daar ‘n verstaan gekom onder die klasmaats oor hul toewyding aan hulle skoolwerk, sonder dat ‘n spesiale vergader daaroor gehou hoef te word.
Erens in Februarie-maand 2020 vra Meneer Balie eendag:
‘Is julle bewus van die verskriklike nuwe virus wat so baie lewens eis in Sjina, en wat so vinnig versprei het na Taiwan en Viëtnam toe. Orals sterf die mense aan die virus! Niemand ken die virus nie. Wetenskaplikes oor die hele wêreld werk naarstiglik om die virus te identifiseer.
Hier en daar in die klas het kinders so iets gehoor op die tv-nuus gehoor.
‘Die corona-virus, Meneer?’ sê-vra Heather, en kyk vermakerig om haar rond.
‘Dis reg, ja’, antwoord Meneer Balie.
‘Die ander naam is Covid-19, sê hulle, Meneer’. Dis Adam. Heather kyk vies na die klong wat haar shine hier kom afvat.
‘Heeltemal reg. Wat weet julle nog?’
‘Ek hoor net op die tv-news, die virus, sê hulle, kom van ‘n chemical lab af in een van die plekke in Sjina waar hulle altyd experiments maak met sulke virusse’, sê Adam verder. ‘Mense sê iets het verkeerd gegaan in die labs, en die virus het buitetoe gekom.’
‘Dis net ‘n bespiegeling op die oomblik, nê, klas. Daar’s nog geen bewyse dat dit wel uit ‘n laboratorium uitkom nie.’
‘Nou wie sê dan die virus kom uit China? Seker die Americans. Hulle’s mos altyd op China se case,’
Dit was ‘Man Friday’ Adams, wat ook nou van hom laat hoor. Hy word so genoem omdat hy in Graad Tien en Elf nie Vrydae skool toe gekom het nie – tot hulle uitgevind het, hy help sy pa op Vrydae om die week se bouwerk klaar te kry.
Die klas is nou lekker aan die gesels. Meneer Balie het die vuurtjie aangesteek, en moet hom nou aan die brand hou.
‘Adam, kan jy môre, in die wiskunde-klas net so ‘n vyf-minute verslag vir ons gee oor wat rondom die virus gebeur? Dankie. Wie is verantwoordelik vir die nuus-bord teen die muur? Nuus oor die die corona-virus moet in Engels en Afrikaans wees, asseblief. Ek het ‘n gevoel die bord gaan elke dag nuus kry!’
En so het die klas kennis gemaak met die vreemde verskynsel wat hulle jong lewens heeltemal sou omkeer, al het hulle dit nie toe geweet nie.
Klasse verloop goed deur die dag. Die meeste leerders bly op datum met hulle werk in al hulle vakke, want smiddae word daar kajuitraad gehou: wat werk in die klasse, en wat haak. ‘n Ding wat haak word smiddae eerste aangepak, en Joani en Heather-hulle maak seker dat die leerders wat daar is, met ‘n beter verstaan huistoe gaan. Vir hulle-self is die verbete worsteling met moeilike begrippe terselfdertyd ‘n skerpmaak van hul eie verstaan. Om aan andere te wys hoe, leer jy ook goed wat jy self nie weet het. Die fasiliteerder-groep het ander leiers by gekry. Van die leerders wat ‘n ding beter verstaan, kom vorentoe en verduidelik hoe sy / hy die probleem verstaan. Menige keer is dit anders en makliker as wat in die klas verduidelik was. So ‘n slimkop word dan beloon met ‘n dik sny brood met appelkoos-jam op, wat op die tafeltjie in die hoek te kry is.
Daar het ‘n stile opgewondenheid onder die Graad 12’s gegroei, want hulle het so te sê al die werk gedek met ‘n week of wat, voor die Maart-hooftoetse. Mercy, Heather, Joani en Michael kon so ‘n paar minute na die aanvang van die middag-studie sessie selfs ‘n rondte stap om te kyk dat die ander grade aan die gang is. Baie kere is dit nie die geval nie, en moes hulle eers die orde reg kry voor die fasiliteerders hulle plekke voor kon inneem, en die klasse kon hervat.
‘n Vergaderinkie word toe een middag met elk van die Graad 9, 10 en 11-klasse gehou, en ‘n waarskuwing word aan die leerders in die middagklasse uitgereik, dat die skoolhoof gevra gaan word dat die middag-klasse liewer heeltemal afgeskaf moet word. Sekere leerders word toe uitgewys as die belhamels wat net kom vir pret, en om ander uit die werk te hou. Gou-gou kom Joani-hulle agter dit is die willie-werkers wat heeldag voor die kantoor sit. Mercy gaan gou Tora gaan roep toe daar probleme opduik met die moeilikheid-makers. Selfs Tora kan hulle nie juis stil kry nie, maar toe Adam in die deur verskyn, kry die jouery en die skellery eensklaps end, en loer die klongens net so onderlangs na de meisies.
‘Hulle wil nie hoor vir die fasiliteerders nie! Hulle’s onbeskof hier – gebruik lelike tale!’ is Joani se klag.
Sy is nie eers bewus dat sy eintlik die klongens by Adam aankla nie, asof hy die gesag is. Maar sy sien die klongens deins bietjie trug met Adam in die deur.
‘Kyk hier,’ sê Adam heel kalm. ‘O’s almal ko’ hier inie marrags om bietjie te study, nuh? Nuh? Dai’s hoeko o’s hie’ is! As julle nie hie is vi die selleding‘ie, da’ line julle! Ko, vat julle bags! Line! Weg is julle! Tora, ko’ help die laaities uit!’ sê hy, en hy stap nader na die seuns toe.
Die groepie groterige seuns het nie eers boeke of iets saamgebring nie. Tora marsjeer hulle by die deur uit, sonder dat een van hulle ‘n woord sê. Joani-hulle wag eers om te sien dat hulle heeltemal by die hek uit is. Toe stap hulle terug na die klasse toe. Daar word die res van die klasse die leviete voorgelees, en seker gemaak dat daar orde is, en dat hulle aan die gang is, voor Joani-hulle weer by hulle klasmaats aansluit.
Toe hulle daar kom, sit Adam al weer aandagtig en luister na wat Allison Adams se ‘. Sy’s een van drie guru’s in Engels in die klas, en as sy praat sal mens nooit sê die meisietjie kom van ‘n dorpie klein, af nie. Sy praat met so ‘n ra-ra-ra aksent, wat moeilik is vir Afrikaans kinders om by te kom.
Joani was nogals skrikkerig daar in die klas, toe die junior klongens aggressief begin raak het. Sy was verlig toe Tora bykom, en toe weerbang toe sy sien die klongens respekteer nie die grote Tora nie. Toe Adam in die deur verskyn, het hulle eintlik geskrik, dink sy trug. Sy kon dit op hulle gesigte sien. Nie een van hulle het teë –gepraat toe hy sê hulle moes loop nie. Nie een het eers in sy gesig gekyk toe hulle by hom verby skuur buitetoe nie. Nou sit hy weer houtgerus in die klas asof daar nie nou pas ‘n drama afgespeel het nie! Wie is die klong eintlik? het sy gedink.
Na middag-skool, voor Joani, Heather en Mercy- hulle huistoe stap, al met die paadjie teen die rantjie af, praat Heather eerste.
‘Wat het nou eintlik daar in daai kinders se klas gebeur vanmiddag, Joani? Hoekom het hulle so terug getrek toe Adam daar kom?’
‘Ek dink aan dieselfde ding, tjomma – dieselfde ding. Ek het nog altyd gewonder oor daai Adam, maar nou weet ek glad nie meer wat om te dink nie.’
‘One! Oo Adam!”
‘Mercy, ons ken nie almal in onse klas se ins and outs nie. Ken jy vir Shirley? Ken jy vir Olwethu? Ken jy vir Dik-gevrek, daar langs die venster?!’ kom Heather vinnig terug.
‘Heather, people are different. Some people open up, and you get to know them. Others throw a guard around them. They never make eye contact with you. That guy never looks you in the eye. He speaks when spoken to, or when he wants to. He asked to be on the delegation to meet the staff, and he flattened the staff. Almost like he looked at things at the school, and saw an opportunity to address the staff on the state of the school. Yes! I think that’s it! Dik-gevrek is different, dear Heather. Did you see him in class this afternoon? Yes. He was participating – right or wrong! But that Adam-guy has chosen to be on his own in our class, from day one. Reason unknown.’
“But why? Vir wat wil iemand invisible raak in onse klas as almal weet hy’s daar?’
“Weet julle’, sêJoani wat stil na die gesprek tusssen Mercy en Joani geluister het, ‘ek dink miskien wil hy nie hêons moet te naby aan hom kom nie. Hy wil sy lewe privaat hou.’
‘Which is his right! Did he do anything wrong in class? Did he do anything wrong to you, Heather? Joani? If not, ladies, just let the gentleman be! Please, let him be!’ verklaar Mercy die onderwerp afgehandel. Hulle stap lag-lag verder tot waar elkeen haar eie rigting gaan.
Alex Marshall hails from Heidelberg in the Western Cape. He was a teacher at Trafalgar High School in District Six, whereafter he taught English at Masibambane High School in Kraaifontein. He was an activist for South African sports; has a great interest in history, and holds a master’s degree in Philosophy from UCT. Alex is passionate about reflecting on his community in his writing.