A place where stories unfold

Observe maa net

Ek observe maa net

Onttrek my liggaam, siel en gees

Noem it ‘n coping mechanism of sê ek is min gespin

Neem deel aanie daily activities, while ek van buite af die low budget charade sien afspeel

Elke dag

Heel dag

All for what

An obituary voorgelees deur most likely die persoon wie jou die slegste verstaan het vir ‘n kerk vol witgeverfde grafte.

Ek’s nie kwaad nie

Ek verstaan net mooi niks vannie so called social norms

As if spewing your abuse to soothe your sick narc mentality made sense.

Only to realise I have been gaslighted from infancy

“Nee ek dit nie so bedoel nie, jy verbeel jou. Stop your antics.”

I was reigned in

This wild horse was made meek

To the point where I doubt my every ambition, emotion and opinion

*

Though

I feel it coming

The vibrations in the soil

I smell it in the dew of the morning

The wild horses coming to reclaim me

This is for wild hearts, spirits made meek but no more

I will break free and run plains not yet seen

And wait for you at the crimson sunset.

+ posts

Jodie Groener werk tans as ontvangsdame in Humansdorp, maar ’n ietwat “ambisieuse streep” maak dat sy nog die wêreld vol wil reis en baie wil skryf. Sy het in die Oos-Kaap grootgeword en was vir ’n rukkie ’n nuusleser op Kouga FM. Jodie skryf kortverhale en geniet dit ook om haar hand aan historiese fiksie en rubrieke te waag. In 2015 het sy nasionale kleure in die uitvoerende kunste verwerf en kort daarna het sy skerm as ’n sportsoort opgeneem. Ook hierin het sy tot op internasionale vlak uitgeblink en, hoewel sy dit vir ’n wyle moes staak as gevolg van befondsing, getuig haar prestasie van deursettingsvermoë in alles wat sy aanpak.

Jodie sê dat sy haar voorgeneem het om gemaklik te voel met wat ook al die uitkoms van haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool sou wees. “Maar toe die tyd aanbreek dat die organiseerders moes besluit wie vanjaar gekies sou word, was ek ’n senu-bol.”

Sy glo dat die slypskool nie net haar skryfwerk na ’n volgende vlak gaan neem nie, maar dat dit ook haar denke oor skrywerskap gaan verruim. “Woorde kan nie beskryf hoeveel die geleentheid vir my beteken nie. Dit gee my geweldige hoop.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *