Dit lyk nie aldag so nie, maar ek staan aan die ‘verkeerde’ kant van 25 jaar. Baie dames my age is verloof, getroud, het die twee kiddies. Sien, society se gelyke aan ‘n perfekte lewe óf vrou in hierdie geval.
Ek voel blessed and cursed met die ‘meisie’ lyfie, want glo dit of nie, remark vroue wat ek ken en meer tye as nie vreemdelinge hoe jonk ek lyk vir my ouderdom. Glo my dis nie ‘n compliment nie. En eks nie al vrou wat slange kan vang as sy daardie ‘loaded’ comment moet aanhoor en dankie sê nie. Alles terwyl jy smile en probeer lyk asof dit jou laat goed voel nie. Ek gooi ‘n ‘ag die ou lyf’ terug na jou asof jy nounet gesê het my rok is mooi, waa het jy dit gekoop. Hoe gemaak met so remark? My size 6 lyfie is gaans te klein om jou te tackle.
Terwyl ek velangend kyk na die curvy girls wat in al wat ‘n figure hugging jean pas en nie hoef te verduidelik dat hulle nie meer op skool is nie. Maar ‘n full blown adult wat ‘n midlife crisis voel aanbreek!
Ek het al sover gegaan om minder te smile, make up te dra of klere aan te trek wat meer ‘adult’ lyk. Om wie te please? Die peanut gallery.
Ga! Nie meer nie. Ek het ook opgehou om mense reg te bring as hul my langs ‘n bar my single whisky, neat, sien order. Ek weier om my ID om my nek te dra, jammer.
So ook met die opposite sex… “jy lyk so jonk kan jy ooit kook?” Ek, met my kort fuse kan net daar ontplof, maar laat jou begaan. Sodra hulle uitvind jy kan kook en kinders baar is dit neusie verby met jou…
Dit moet sekerlik dieselfde geval wees vir die dames met ‘n voller figuur.
Body shaming, jou doring… in die vlees. Waar gaan die streep getrek word as dit by vroue liggame kom en die feit dat almal ‘n opinie daaroor het.
“Eat more calories vir die maeres. Eat less calories vir die volleriges.” Snert, man. Eet en nie eet het niks met ‘n vrou se natuurlike liggaamsbou te doen nie. Niks.
Laat my sommer dink aan ‘n Brenda Fassie song, Ag shame lovey. Waarin sy so mooi vir die kinders uitroep: Confidence, baby. Confidence.
Jodie Groener werk tans as ontvangsdame in Humansdorp, maar ’n ietwat “ambisieuse streep” maak dat sy nog die wêreld vol wil reis en baie wil skryf. Sy het in die Oos-Kaap grootgeword en was vir ’n rukkie ’n nuusleser op Kouga FM. Jodie skryf kortverhale en geniet dit ook om haar hand aan historiese fiksie en rubrieke te waag. In 2015 het sy nasionale kleure in die uitvoerende kunste verwerf en kort daarna het sy skerm as ’n sportsoort opgeneem. Ook hierin het sy tot op internasionale vlak uitgeblink en, hoewel sy dit vir ’n wyle moes staak as gevolg van befondsing, getuig haar prestasie van deursettingsvermoë in alles wat sy aanpak.
Jodie sê dat sy haar voorgeneem het om gemaklik te voel met wat ook al die uitkoms van haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool sou wees. “Maar toe die tyd aanbreek dat die organiseerders moes besluit wie vanjaar gekies sou word, was ek ’n senu-bol.”
Sy glo dat die slypskool nie net haar skryfwerk na ’n volgende vlak gaan neem nie, maar dat dit ook haar denke oor skrywerskap gaan verruim. “Woorde kan nie beskryf hoeveel die geleentheid vir my beteken nie. Dit gee my geweldige hoop.”