A place where stories unfold

Ek is gebore

Hier’s ek as jy moeg is

Mommy let her guard down and somme her chastity belt.

Daddy could no longer keep it in en voila!

Nege maande later is ek gemaak en laat staan. Ek dog nog ekt’t vog in die longe toe kry Mommy ‘n urge.

Hier lê ek undecided met my oversized crawler and pacifier.

Pacified I am.

Leer ken vi ouma en oupa.

Hulle is kwaad vi Mommy maa my traan ogies kon hulle nie weerstaan.

Die scenario sou dieselfde wees. As Mom and Dad saam was

Ek is steeds in my moer.

Met wedded of unwedded parents.

Umbilical cord is severed beyond repair.

Nou moet ek leer wanneer om te sit en when it’s okay to walk out

Praat of eenmaal swyg in my passivity.

Onderskei wanneer om my man te staan and when to gooi ‘n lange

See when it’s safe to love en wanneer om te keer vir my wickets

Ek is nie seker oor my social hierarchy of economic stance.

Maar ouma dra kaftans en Mommy het coffin shaped naels vir haar loop aanplak. Ses’fikile.

Onthou ook om nie soos Mommy te wees nie. Sy’t dit sien kom.

But sensibility replaced sense in a matter of minutes, if you catch my drift

I try focusing on these weird toys dangled over my cot. Can’t remember when last it was Mommy holding me.

Ouma does all the work.

My giggles are in perfect tune and timing and I cry when I mustn’t.

Sorry but I need a nappy change. I got a sudden urge and couldn’t keep it in.

+ posts

Jodie Groener werk tans as ontvangsdame in Humansdorp, maar ’n ietwat “ambisieuse streep” maak dat sy nog die wêreld vol wil reis en baie wil skryf. Sy het in die Oos-Kaap grootgeword en was vir ’n rukkie ’n nuusleser op Kouga FM. Jodie skryf kortverhale en geniet dit ook om haar hand aan historiese fiksie en rubrieke te waag. In 2015 het sy nasionale kleure in die uitvoerende kunste verwerf en kort daarna het sy skerm as ’n sportsoort opgeneem. Ook hierin het sy tot op internasionale vlak uitgeblink en, hoewel sy dit vir ’n wyle moes staak as gevolg van befondsing, getuig haar prestasie van deursettingsvermoë in alles wat sy aanpak.

Jodie sê dat sy haar voorgeneem het om gemaklik te voel met wat ook al die uitkoms van haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool sou wees. “Maar toe die tyd aanbreek dat die organiseerders moes besluit wie vanjaar gekies sou word, was ek ’n senu-bol.”

Sy glo dat die slypskool nie net haar skryfwerk na ’n volgende vlak gaan neem nie, maar dat dit ook haar denke oor skrywerskap gaan verruim. “Woorde kan nie beskryf hoeveel die geleentheid vir my beteken nie. Dit gee my geweldige hoop.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *