Ek weet nie van jou nie, maar ek lees af en toe wat my sterreteken vir my voorspel, jy weet, jou daily horoscope.
Sal ek my toe nie byval ek’t laasjaar nog ‘n oog gegooi op wat die hemele vir my uitgelê het van die dag van my geboorte tot op die hede. En dit wat nóg moet gebeur. Glo.
Man, en moenie vir my uit die Groot Boek begin voorlees oor waarsêery en al daai dinge nie, my gemeente skaam hulself halfdood as hulle moet hoor ek begewe myself so twee keer ‘n jaar, om te loop lees aan die sterre. Dis tog al sonde wat ek pleeg. Glo.
Anyhow, sal die hemelse gode toe nie vir mynin kennis stel van my gróót liefde wat net om die draai wag en my lucky numbers(dink Powerball), vir die dag nie.
Ek spoedlees toe die laaste paragrafie wat waarsku ek moet probeer om konflik en konfrontasie vermy. Net vir die dag, darem. Want wat sal my lewe wees sonder melo-drama. ‘n Info-mercial, sê ek jou!
‘n Onskuldige trip na die Spar af in die straat verander met intree slag in een van my benoud-word episodes…en dit was nie my skuld nie.
Om ‘n lang storie kort te maak, gaan staan ek in die lyn om vir my ‘n ry nommers te speel. Mind you, die dametjie agter die counter kyk my altyd aan asof ek haar iets skuld. Tegnies, doen ek niks, want ek meen dit ís ‘n betaalpunt… Ek besluit vandag is die dag. So kan ek nie vuil gekyk word nie. En dit op ‘n Sondag.
Haar bestuurder staan nader en ek lê my saak uit. Sy ontken alles, want dis my woord teen hare. Natuurlik, gee sy my net daardie uitdagende kyke as ons alleen, face to face, staan. Dus, geen getuies nie.
In ‘n leë aisle oorboos ek myself reguit in ‘n panic-attack.
Met die stap terug, sonder die ry nommers en nog effe uitasem, vertel ek toe ‘n orige man net mooi wat ek van hom dink. Arme ding wou net weet of hy kan help.
Ps. Dink julle ek sou die Powerball wen en dat daai ou my gróót liefde was?
Jodie Groener werk tans as ontvangsdame in Humansdorp, maar ’n ietwat “ambisieuse streep” maak dat sy nog die wêreld vol wil reis en baie wil skryf. Sy het in die Oos-Kaap grootgeword en was vir ’n rukkie ’n nuusleser op Kouga FM. Jodie skryf kortverhale en geniet dit ook om haar hand aan historiese fiksie en rubrieke te waag. In 2015 het sy nasionale kleure in die uitvoerende kunste verwerf en kort daarna het sy skerm as ’n sportsoort opgeneem. Ook hierin het sy tot op internasionale vlak uitgeblink en, hoewel sy dit vir ’n wyle moes staak as gevolg van befondsing, getuig haar prestasie van deursettingsvermoë in alles wat sy aanpak.
Jodie sê dat sy haar voorgeneem het om gemaklik te voel met wat ook al die uitkoms van haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool sou wees. “Maar toe die tyd aanbreek dat die organiseerders moes besluit wie vanjaar gekies sou word, was ek ’n senu-bol.”
Sy glo dat die slypskool nie net haar skryfwerk na ’n volgende vlak gaan neem nie, maar dat dit ook haar denke oor skrywerskap gaan verruim. “Woorde kan nie beskryf hoeveel die geleentheid vir my beteken nie. Dit gee my geweldige hoop.”