In my eie lane
meer as tevrede, my spirit
Jy het kom krap waar dit nie jeuk
kom vat wat ek nie wou gee
My focus laser sharp
my frekwensie hoog
ek kon loop op water, vlieg soos ‘n voël
*
Jy bied jou hand, ek my voet
My hande was vol
ons lag.
Jou k*kpraat was goed
my sarkasme beter.
Euforie.
*
Die oë, dis altyd die oë
wat jou weggee
my intrek
*
My frekwensie laag
ek free fall soos ‘n boulder
Party mense is net nie goed vir mekaar
dink Endearment en Coke.
Nou’s die excitement oor
Jou leuens goed
My sesde sintuig beter
Drunk texting at night
vermy mekaar by day
*
Dit was nie ‘n opbreek
a wish you well with your future endeavours nie
een praat net nie meer met die ander
*
Oh God
There was a accident
Bel ‘n ambulance
vir my modern day
break-up.
Jodie Groener werk tans as ontvangsdame in Humansdorp, maar ’n ietwat “ambisieuse streep” maak dat sy nog die wêreld vol wil reis en baie wil skryf. Sy het in die Oos-Kaap grootgeword en was vir ’n rukkie ’n nuusleser op Kouga FM. Jodie skryf kortverhale en geniet dit ook om haar hand aan historiese fiksie en rubrieke te waag. In 2015 het sy nasionale kleure in die uitvoerende kunste verwerf en kort daarna het sy skerm as ’n sportsoort opgeneem. Ook hierin het sy tot op internasionale vlak uitgeblink en, hoewel sy dit vir ’n wyle moes staak as gevolg van befondsing, getuig haar prestasie van deursettingsvermoë in alles wat sy aanpak.
Jodie sê dat sy haar voorgeneem het om gemaklik te voel met wat ook al die uitkoms van haar aansoek vir die Kommadagga-slypskool sou wees. “Maar toe die tyd aanbreek dat die organiseerders moes besluit wie vanjaar gekies sou word, was ek ’n senu-bol.”
Sy glo dat die slypskool nie net haar skryfwerk na ’n volgende vlak gaan neem nie, maar dat dit ook haar denke oor skrywerskap gaan verruim. “Woorde kan nie beskryf hoeveel die geleentheid vir my beteken nie. Dit gee my geweldige hoop.”