A place where stories unfold

Vrede maak met my radikale Afrikaner voorouers

Ek hoop dat ek uit my eie kop uit kan klim. Ek het aansoek gedoen aan hierdie program omdat ek die kans sal hê om tussen ander skrywers met ander breine te werk. Ek hoop dat ek my inspirasie sal vind in die tuine, in die verf teen die mure, en van die onvoorspelbare gedagtes van my mede-sterre, net nie vanuit my eie kop nie.

Met Geslag, my toneelstuk, wil ek vrede maak met my radikale Afrikaner voorouers. Ek skryf die stuk om hulle pyn en drome op die verhoog te sit as ‘n tragikomedie waardeur die Suid Afrikaanse gehoor en ek self hulle beter kan leer verstaan. Die mans en meisie-karakters benader tradisie, geloof, en geslag as nat jasse, en sukkel elkeen met hoe om hulle te dra.

In Afrikaans is daar nie ‘n woord vir ‘gender’ nie. Al wat ons het is ‘geslag’. Ek skryf dus Geslag om die Engelse woord ‘gender’ se begrip van die opvoering en uitdrukking van die manlik en vroulik te ondersoek in die Afrikaner se geskiedenis. Al gaan dit meestal oor my voorouers, is dit ‘n queer toneelstuk. Ek is lief om in Afrikaans te skryf en leef, en om toegang te kry aan Teksmark en die Suidoosterfees deur hierdie program is vir my ‘n eer. Ek glo dat die NATi Jong Sterre-program, met sy wortels in Afrikaanse kultuur en literatuur, die beste platform is vir hierdie storie te ontwikkeling. Ek is verby opgewonde vir hierdie geleentheid.

+ posts

Roland du Preez is ’n 26-jarige queer teatermaker van Kaapstad wat ’n honneursgraad in Teater en Opvoering aan die Universiteit van Kaapstad behaal het. In die Moederstad het hy aan teaterproduksies saam met Philip Rademeyer, Mannie Manim en Lee-Ann van Rooi gewerk. Roland het ’n voorliefde vir wispelturige, grillerige teater en hy skep graag kultureel ontwrigtende dialoog in sy stukke.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *