Ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape
Geslag
Met Karli Heine en Robert Hindley
Teks: Roland du Preez
Regie: Alby Michaels
Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 29 April 19:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
Geen o/16 T
https://tickets.computicket.com/event/geslag/7208516/7208520/109872
Drie paartjies van verskillende generasies probeer sin maak van die gender-revolusie wat om hulle woed. Terwyl Meneer en Mevrou beangs aan tradisionele rolle klou, word die jonges deur voorskrifte versmoor. Hoe wil jy nou eintlik GESLAG word? Kom deel in die humor en pyn wat liefde in al sy vorme kenmerk. Op die waarheid gegrond.
Three couples from different generations try to make sense of the gender revolution raging around them. While Mister and Missus anxiously cling to traditional roles, members of the younger generation feel suffocated by the old rules. How do you want to be GENDERISED? Come share in the painful humour that characterises love in its many guises. Based on the truth.

Roland du Preez is ’n 26-jarige queer teatermaker van Kaapstad wat ’n honneursgraad in Teater en Opvoering aan die Universiteit van Kaapstad behaal het. In die Moederstad het hy aan teaterproduksies saam met Philip Rademeyer, Mannie Manim en Lee-Ann van Rooi gewerk. Roland het ’n voorliefde vir wispelturige, grillerige teater en hy skep graag kultureel ontwrigtende dialoog in sy stukke.