A place where stories unfold

PEN dit neer – die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans / PEN South Africa se residensie

https://jgf.org.za/af/residensies/

Die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa wag tans graag aansoeke in vir ’die PEN dit neer residensieprogram wat ten doel het om skrywers onverstoorde skryftyd in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap.

Die suksesvolle kandidate sal gehuisves word in Paulet Huis, die Stigting se skrywershuis van  6 tot 26 Mei 2024.

Hierdie skrywers kan uitsien na die inspirasie en genot van ’n lowerryke tuin, ’n sjarmante dorpie, die rus en stilte van die omgewing en die samesyn van medeskrywers.

As jy belangstel in hierdie opwindende residensie, is die vorms vir aanlyn aansoeke hier beskikbaar: https://jgf.org.za/af/aansoek-pen-dit-neer/

Jou aansoek moet die volgende insluit:

  • Motiveringsbrief
  • Duidelike uiteensetting van skryfprojek
  • Voorbeelde van huidige en vorige werk (laai dit hier onder as dokumente op of plak webskakels in die teksblok heel onder)
  • Let wel: ’n Brief van ’n uitgewer wat daarin belangstel om jou werk te publiseer, sal sterk in jou guns tel.

Vereistes en belangrike datums:

  • Beskikbaar vir beide opkomende en gevestigde skrywers.
  • Slegs opbetaalde PEN-lede mag aansoek doen vir hierdie residensie. Om ’n lid te word, kontak PEN Afrikaanse se bestuurder, Catrina Wessels, by catrina@catrinawessels.com.
  • Sluitingsdatum: 16 Februarie 2024
  • Aankondiging van suksesvolle kandidate: 5 April 2024
  • Kandidate moet reeds met inskrywing bevestig dat hy/sy beskikbaar is vir die residensieperiode: 6 tot 26 Mei 2024

Die skryfprogram sluit in:

  • Nasionale retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig
  • Vervoer tussen die lughawe en KwaNojoli (Somerset-Oos)
  • ’n Gerieflike, eie “room with a view”
  • Die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye
  • Skoonmaakdienste
  • Onbeperkte toegang tot die internet
  • Genoeg spasie vir skryf in jou kamer, stil hoekies in die huis en die tuin
  • Geleentheid om sonder die onderbreking van beurtkrag te skryf

Oor die vennote

Die Jakes Gerwel Stigting bou voort op die aansienlike nalatenskap van wyle professor Jakes Gerwel wat uitgestaan het as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en besigheidsman.

Die Stigting poog om die Suid-Afrikaanse letterkunde in die algemeen en, in die besonder, die Afrikaans letterkunde – professor Gerwel se spesialisasierigting – uit te brei en te bevorder.

Lees meer oor die Jakes Gerwel Stigting by jgf.org.za.

Die Stigting is trots op hul vennootskap met twee baie dinamiese sentrums onder die meer as 140 sentrums van PEN Internasionaal wêreldwyd: PEN Afrikaans en PEN South Africa. As ’n organisasie van skrywers wat as wêreldleier op die gebied van menseregte gesien word, ondersteun PEN Internasionaal vryheid van spraak, bevorder dit die letterkunde en beskerm dit skrywers.

Lees meer oor:

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *