A place where stories unfold

Praat jy! Idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klas deur Therese Hulme

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die klas om leerders se skryfvaardighede te ontwikkel en is belyn met die KABV-riglyne.
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ‘n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseeerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ‘n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring na KABV-taaldoelwitte. Maar dis veral die stories, gedigte, dramateks en rymkletse van die jong skrywers van haar piemp en Yoh!-skryfgroepe wat jou verbeelding én die van leerders in jou klas sal aangryp!

Hierdie boek is ‘n eerste in sy soort, maar kan vergelyk word met ‘n niefiksieboek soos Help! My kind is anders deur Christien Neser. Beide boeke dien as gids vir onderwyser en ouer vir die spesifieke onderwerpe.

@LAPA – Publikasiedatum – 30 September 2022 (R220)

@Penguin – Publication date – November 2022

*Thérèse Hulme has a doctoral degree in Pastoral Therapy with a specialisation in Narrative Therapy (UNISA). She has been working for the past eighteen years as a narrative practitioner.

As a poet, Thérèse debuted in Nuwe stemme 3 (2005). In 2009 she self-published piemp –  a volume of poetry and a drama of the young people of Scottsville in Kraaifontein. She is also a published children’s book author.

In 2013, Thérèse and Linda van Duuren founded The Cape Town Narrative Co-op (www.capetownnarrativeco-op.org/) with the mission to take Narrative Practice into the everyday reality of school and NPO settings, through their workshops and training.

She is currently running the Yoh! creative writing project for the Jakes Gerwel Foundation with staff and learners at Grassy Park High School.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *