Elke keer wanneer jy as volwassene ’n insiggewende ontdekking maak wat so merkwaardig is dat dit in jou geheue ingekerf raak, is daar ’n stem iewers in jou onderbewuste wat wonder: Waar kon ek vandag gewees het as ek dít net ’n paar jaar gelede geweet het?
Dit is die frustrerende deel van ons ontdekkings. Nie net leer jy dit gewoonlik in die nasleep van jou foute nie, maar jy’s boonop nie in staat om dit terug te stuur aan jou jonger, dommer self nie.
En daardie einste onvermoë is die rede hoekom ons ’n idee soos reïnkarnasie moet bevraagteken.
Want wat is die punt daarvan om oor te begin as jy al jou oorwinnings en deurbrake moet prysgee?
Al die wonders wat jy aanskou het, die liefdes wat jy gekoester het, die pyne wat jy gevoel en oorkom het . . .
Lees verder hier:
Yuwinn Kraukamp (28) hails from L’Agulhas in the Western Cape’s Overberg District. He describes himself as “a natural born creative” whose writing ranges from radio dramas to stage plays, poetry, short stories and articles. After matriculating at Bredasdorp High School, Yuwinn attended the University of the Western Cape where he majored in English and Linguistics. Earlier this year he won a California-based writing contest with one of his short stories. Yuwinn is devoted to writing and believes that the Kommadagga experience will help him to improve his craft to the point where he can share his talents with the world.