Neske Beks is ’n skrywer en kunstenaar wat met vaardigheid verskeie kunsvorme kombineer. Haar debuutfilm Eigen Volk (2011) weef elemente van teater, gesproke woordkuns, sang, fiksie en niefiksie saam tot ʼn geslaagde en treffende geheel. In 2014 debuteer sy met die roman De Kleenex Kronieken, ʼn humoristiese kroniek van die gebeure in ʼn familie en ook in ’n dorp. Sedertdien het sy tekste in verskeie bundels, onder meer Zwart (2018), gepubliseer. Haar kinderboek Sala en Monk – Ons Samen verskyn in 2020 by die uitgewer Querido, en haar bundel essays genaamd Echo verskyn by dieselfde uitgewer in 2021. Sy dien op verskeie literêre, film- en teaterpanele en het reeds internasionaal pryse verower vir haar teater- en filmwerk. Sy is ook stigter en direkteur van Alphabet Street, ’n gilde vir swart skrywers, asook van Tank, ʼn redaksie- en dinktenk van kleur. In 2022 word sy ingehuldig as lewenslange lid van die Nederlandse Akademie van Kuns. Sy werk tans aan verskeie projekte waar sy haar kunstenaarskap met heling kombineer.
Tydens haar residensie in Paulet Huis sal sy werk aan haar nuwe roman en ʼn multidissiplinêre projek oor kulturele toe-eiening.