A place where stories unfold

Sarie Marais-Nell

Sarie Marais-Nell is ’n Swartlandse vryskutskrywer wat haar tot dusver toegelê het op die skryf van profiele en rubrieke vir die By in Die Burger, vir Maroela Media, vrouetydskrifte en die Landbouweekblad. Na ’n skryfkursus by die Breytenbach Sentrum op Wellington het haar skrywersloopbaan in 2016 vlamgevat toe sy ’n beskrywing van die oorlewingsure op ’n dak tydens die Laingsburgvloed in 1981 vir die By geskryf het.

Somerset-Oos: Varswaterhengel

Die wêreld rondom die Glen Avonwaterval is tot ’n bewaringsgebied verklaar. Omdat vier biome hier ineenvloei, lok dit ’n groot verskeidenheid voëls en plantsoorte.