A place where stories unfold

Gerhard Visagie

Gerhard Visagie is gebore in Durban, het skoolgegaan in die Paarl, sy studies voltooi in Stellenbosch en gee tans Engels in Fraserburg waar hy alombekend geword het as “Sir”. Hy het ʼn fyn aanvoeling vir kinders en die kompleksiteite in hul lewens en is juis daarom intens betrokke by die bevordering van letterkunde en toneel in die Fraserburg-gemeenskap. As voorsitter van die reëlingskomitee van die jaarlikse Fraserburg Logan Toneelfees is gebeure in skoletoneel iets wat hom elke slag opnuut meevoer: om te beleef hoe ʼn skoolproduksie deur die klankgrens breek, is iets besonders.

NATi Jong Sterre 2020: Mannetjie

Toneel 4(Tyd: Sowat 5 jaar gelede. Mannetjie is al bietjie ouer, maar die klere bly toiings. Hy is steeds op die plaas, kaalvoet.) Mannetjie: En toe, op die warmste Woensdagmiddag […]

Mannetjie: ’n Eenbedryf vir twee akteurs

Mannetjie is ’n seun wat sy tienerjare in ’n kinderhuis probeer oorleef. Hy is die stem van so baie kinders in die land (en seker wêreldwyd ook) wat die traumatiese […]