A place where stories unfold

Suzette Kotzé-Myburgh

Suzette Kotzé-Myburgh werk sedert 1990 in die uitgewersbedryf en vir die laaste een-en-twintig jaar is dit op ’n vryskutbasis. Sy het haar BA-graad met lof behaal aan die Universiteit Stellenbosch, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek. Suzette is ’n vaardige taalgebruiker en, benewens die teksredigering wat sy doen, het sy ook die volgende op haar kerfstok: manuskripkeuring en -ontwikkeling, vertaal- en proefleeswerk, projekbestuur en selfpublikasies, boek- en filmresensies (LitNetDie Burger, kykNET se Dagbreek) asook skrywersonderhoude (RSG se Skrywers en Boeke). Sy tree verder op as mentor vir teksredakteurs en as aanbieder van redigeringslypskole. Sy is die medesamesteller van Nuwe Kinderverseboek, Rympies vir Pikkies en Peuters, Rympies vir Kleintjies en Kleuters, Nuwe Stories 1, 2 & 3 en die US Woordfeesbundels vanaf 2016 tot 2019.