A place where stories unfold

Susan Meiring

Susan Meiring is gebore te Klawer in die Vanrhynsdorp-distrik, het grootgeword in Retreat en woon tans in Delft. Haar skrywersloopbaan het in 2012 afgeskop toe ʼn plaaslike koerant van haar kortverhale geplaas het. In 2016 is haar eerste Afrikaanse fiksieboek Dogters van die Sahara (Reach Publishers) gepubliseer. Haar tweede boek Tiaan en die Jagtersbende (2018) is deur ʼn ruim skenking van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika moontlike gemaak. In 2020 word hierdie boek gekies vir die Funda Mzantsi-kampioenskap, waaraan talle boekklubs jaarliks deelneem. Sy is tans ook ʼn vryskutredigeerder en -veldberiggewer. Hierdie ondernemende ma en ouma leer graag basiese Khoesan woorde en klikke vir die jongspan sodat hulle hul erfenis kan behou. Sy sien die geleentheid om die Kommadagga-slypskool by te woon as kardinaal vir haar skrywerstoekoms: “Die waardevolle leiding sal my help om my potensiaal ten volle te ontwikkel. Ek glo dat my toekomstige skryfwerk, hetsy boeke of kortverhale, daarvan sal getuig. Baie dankie aan almal wat dit vir my moontlik maak om op hierdie manier gebrei te word.”

Susan Meiring: My taal … my ekke

Sonder ’n taal het jy geen identiteit nie. Dit is jou herkoms en waar jou voorsate vandaan kom. Jy word groot en jou eerste woorde is die tong van jou […]

Susan Meiring: Die wedloop van die lewe

Die lewe is soos een groot wedloop waar jy die atleet is. Met die wenpaal voor oë moet jy hardloop so hard as wat jou krag en fiksheid jou toelaat. […]

Susan Meiring: Paulet Huis

Die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset Oos) in die Oos Kaap, is soos ‘n kraamafdeling waar skrywers van alle formaat gebore word. Skrywers is swanger met […]