Jeffrey Janse het vandag skool toe gekom om sy matriekuitslae te kom haal.
Maar hier, waar hy inge-doke in die verste hoekie van die skool op die stoep sit, hoor hy sy ma se stem helder.
“Waar is die kind tog? Jeffrey! My kind, jy kan nie so g’rus wees nie. Dis een van die dae eksamen. Los daai span daar buite en kom sit met jou boeke!”
Tóé het hy gedink sy kerm op sy kop en hy het haar sommer stil gemaak. Soos hy nou hier sit, weet hy dit was nie kerm
nie, maar aansporing. Hy sak sy kop op sy knieë en voel hoe die teleurstelling deur sy lyf trek.
Hier waar hy sit en almal van ver af dophou, kan hy duidelik sien wie het dit gemaak en wie nie. Hulle lywe wys dit.
Lees verder hier:
Susan Meiring is gebore te Klawer in die Vanrhynsdorp-distrik, het grootgeword in Retreat en woon tans in Delft. Haar skrywersloopbaan het in 2012 afgeskop toe ʼn plaaslike koerant van haar kortverhale geplaas het. In 2016 is haar eerste Afrikaanse fiksieboek Dogters van die Sahara (Reach Publishers) gepubliseer. Haar tweede boek Tiaan en die Jagtersbende (2018) is deur ʼn ruim skenking van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika moontlike gemaak. In 2020 word hierdie boek gekies vir die Funda Mzantsi-kampioenskap, waaraan talle boekklubs jaarliks deelneem. Sy is tans ook ʼn vryskutredigeerder en -veldberiggewer. Hierdie ondernemende ma en ouma leer graag basiese Khoesan woorde en klikke vir die jongspan sodat hulle hul erfenis kan behou. Sy sien die geleentheid om die Kommadagga-slypskool by te woon as kardinaal vir haar skrywerstoekoms: “Die waardevolle leiding sal my help om my potensiaal ten volle te ontwikkel. Ek glo dat my toekomstige skryfwerk, hetsy boeke of kortverhale, daarvan sal getuig. Baie dankie aan almal wat dit vir my moontlik maak om op hierdie manier gebrei te word.”